Skriflesing: Jona 1:1-3; 3:1-10
Preekteks: Jona 3:2, 4b
Hoofgedagte: Wees gewaarsku: Verandering kom
Preekskema:
Tenspyte van Jona se vorige verkeerde optrede is hy, as 'n veranderde man, uiteindelik op pad na Nineve. Die boodskap wat hy daar verkondig, is kort, maar hy waarsku dat daar beslis 'n verandering kom tot hul voordeel of nadeel afhanklik van hul optrede in volgende tyd.
Ook ons moet geestelik, grondig verander anders is die eindresultaat totale vernietiging.