Skriflesing: Kolossense 3:1-17
Preekteks: Kolossense 3:2-4
Hoofgedagte: Ons verlossing bepaal ons lewenswyse hier op aarde en ons toekoms-perspektief
Preekskema:
In Kolosse is die jong gelowiges mislei deur mense wat wou hê hulle moet by die verlossing van Christus nog sekere reëls byvoeg. Paulus toon aan die gemeente dat hulle verlossing in Christus volledig is. Die verlossing is ‘n feit. Dit bepaal jou lewenswyse hier op aarde en nie andersom nie. So bepaal hulle verlossing ook hulle plek by die wederkoms van Jesus Christus. Vir ons beteken dit: die verlossing in die verlede bepaal ons lewenswyse in die hede en gee ons perspektief op die toekoms.
Erediens Duxburyweg 18:30
Predikant: Ds Paul Geertsema
Daar is ongelukkig geen opname van hierdie diens nie
Skriflesing: Jona 4 (laaste van 4 preke)
Preekteks: Jona 4:4, 9
Hoofgedagte: God se werke wek dankbaarheid in ons
Preekskema:
Jona gaan wag buite Nineve vir God se verwoesting van die stad. Toe dit nie gebeur nie, word hy baie kwaad en stry met God in gebed.
Hy was dankbaar vir sy eie redding, maar noudat Nineve gespaar word, is dit vir Jona onaanvaarbaar. Hierin is die volgende les vir Jona na hy sy ellende beleef het, en toe verlossing ontvang het, behoort hy nou voort te gaan in dankbaarheid, bly te wees dat God genadig en lankmoedig is.
Hoe lewe ons in die lig daarvan dat ons 'n lankmoedige, reddende God het?
Ruildienste vanaand
Troyestraat 18:00
Baie welkom aan dr Paul Kruger van Meyerspark. Ons bid u die Here se seën toe op die lei van die erediens.
Duxburyweg 18:30