14 Augustus 2005
Erediens - Duxburyweg 09:30
Predikant: Ds Renier van Klashorst
Daar is ongelukkig geen opname van hierdie diens nie
Skriflesing: Matteus 6: 1 18 en Lukas 22: 39 46
Preekteks: Matteus 6: 5 6 Lukas 22: 46
Hoofgedagte: Waarom nog bid?
Preekskema:
Gebed is iets waarmee ons groot geword het. Gebed, is ons geleer, is alleen vir die binnekamer. Daarom is gebed ook iets waaroor ons as gelowiges soms huiwer om met mekaar oor te praat. Vanoggend gaan ons na verskillende aspekte van gebed kyk. Ons vra die vraag: waarom nog bid? Die doel is nie om die belangrikheid of die noodsaaklikheid daarvan in twyfel te trek nie, maar om ons aan die dink te sit oor: waarom nog bid?
Hoekom?
Hoe?
Eredienste Karmel 09:00; Troyestraat 10:00; Duxbury 18:30
Predikant: Ds Johan van Heyningen
Hele erediens (3,8 MB)
Skriflesing en preek (2,5 MB)
Skriflesing: Lukas 1: 26-38
Preekteks: Lukas 1: 37-38
Hoofgedagte: Die onmoontlike word moontlik.
Preekskema:
Dit is nie moontlik nie. Daar is geen uitkoms nie. …Die engel sê: Niks is vir God onmoontlik nie. In Sy genade en in Sy nabyheid is daar ook vir ons 'n volheidslewe al lyk dinge onseker of onmoontlik. Daarom: Laat ons onsself volkome in God se hand oorgee, laat ons nie in vrees lewe nie, laat ons weet God maak ook ons deel van die onmoontlike wat moontlik word