21 Augustus 2005


Erediens – Duxburyweg 9:30

Predikant: Dr Johann le Roux

Daar is ongelukkig geen opname van hierdie diens nie

Skriflesing: Markus 10:35-45

Preekteks: Markus 10:43-45

Hoofgedagte: Dien, in navolging van Jesus Christus wat deur sy diens ons verlos het

Preekskema:
God die Seun het na die wêreld gekom om te dien en nie om gedien te word nie. Dit sê Jesus nadat Hy sy dissipels tereg gewys het omdat hulle gestry het oor wie van hulle die belangrikste is.
In die viering van die heilige Nagmaal beleef ons opnuut Jesus Christus se diens ter wille van ons. Daarom word ons opgeroep om in die koninkryk van God te dien.



Eredienste – Karmel 09:00; Troyestraat 10:00

Predikant: Ds Paul Geertsema

Daar is ongelukkig geen opname van hierdie diens nie

Skriflesing: Openbaring 21:1-7

Preekteks: Openbaring 21:5

Hoofgedagte: Alles word nuut

Preekskema:
Is hierdie vir u maar net nog 'n nagmaalsviering? Wat maak dit anders?
God maak ons nuut – bedoelende, Hy is steeds besig om ons te vernuwe, deur die effek van die sonde en die 'eerste dinge' weg te neem – al wat gaan oorbly is die laaste (nuwe) dinge. Hierdie Nagmaal is die bewys en deel van hierdie vernuwing.



Erediens – Duxburyweg 18:30

Predikant:
Ds Johan van Heyningen

Hele erediens (4,7 MB)

Skriflesing en preek (2,8 MB)

Skriflesing: Jesaja 54:1-17

Preekteks: Jesaja 54, 2,10

Hoofgedagte: Groot genade, Groot verwagting, Groot dade

Preekskema:
God verseker ons van sy onwankelbare verbondsliefde. Sy liefde is vas en seker al is ons liefde soms wankelbaar. Ons moet gaan leef vanuit hierdie groot liefde. Ons moet die tentdoeke wyer maak, ons moet groter verwag en groter doen deur die genade van die Here.