28 Augustus 2005


Erediens – Duxburyweg 9:30

Predikant: Ds Paul Geertsema
Skriflesing: Sag 1:7-17

Preekteks: Sag 1:11

Hoofgedagte: Skynstilte en valse vrede

Preekskema:
Die lewe op aarde is nie stil en rustig nie, dus het die rapport van die ruiters aan die man tussen die mirtebome 'n ander bedoeling.
Daar word nie met of van God gepraat nie.
Die kerk op aarde mag nooit stil raak oor God en/of sy werke nie. Gebede van lofprysings en voorbidding moet steeds bly opklink. Lofsange vol eerbetoon en smekinge moet vanuit elke gelowige en kerkgebou weerklink.
Ook ons moet voortdurend van God en sy werke bly praat, getuig, vertel, bid en sing.



Eredienste – Karmel 9:00; Troyestr 10:00

Predikant: Dr Johann le Roux

Daar is ongelukkig geen opname van hierdie diens nie

Skriflesing: Genesis 49:29-3; 50:12-21

Preekteks: Genesis 50:20

Hoofgedagte: God is só in beheer dat Hy selfs die goeie laat voortkom uit die kwade wat mense bedink

Preekskema:
In Josef se lewe het ander mense telkens besluite geneem wat hom benadeel het. So het hy as 'n slaaf in Egipte in die tronk beland. Tog het die Here se plan in vervulling gegaan. Met 'n groot draai word Josef die onderkoning van Egipte want God het dit so beskik sodat sy verbondsvolk tot stand kon kom en sy beloftes in vervulling kon gaan. Hoewel ons as mense dikwels nie verstaan waarom dinge gebeur nie, kan ons aan God bly vashou wat in volle beheer is.

Erediens – Duxburyweg 18:00

Predikant: Ds Johan van Heyningen

Skriflesing: Josua 24:13-33; Rigters 2:8-10

Preekteks: Josua 24: 15,31; Rigters 2:10

Hoofgedagte: Dien jy die Here toegewyd, uit gewoonte of glad nie?Preekskema:
1. Die LIG het in ons kom bly omdat Hy met ons "koinonia" wil beoefen.
Die woord "koinonia" het 'n betekenis van "saam lewe met, deel wees van" In v 5 sê Johannes hulle leef saam met God wat Lig is. Die Lig is o.a. wondermooi, kleurvol. So is God se Wese (Eseg.10:4).