18 September 2005


Erediens – Duxburyweg 9:30

Predikant: Ds Paul Geertsema

Skriflesing: Jeremia 31:1-14

Preekteks: Jeremia 31:3,6b ('33 vertaling)

Hoofgedagte: God se ewige trekkende liefde en goedertierenheid

Preektema:
Jeremia profeteer dat, terwyl die volk uit ballingskap na die beloofde land gaan terugkeer, die Here in die reispad aan hulle sal verskyn.
Nie net gaan Hy daar wees nie, maar Hy sal hulle ook bemoedig deur aan hulle sy ewige liefde en trekkende goedheid te belowe.
Ons kyk vanoggend in die prediking hoe hierdie pragtige belofte ook op ons van toepassing is.



Eredienste – Karmel 9:00; Troyestraat 10:00; Duxburyweg 18:30

Predikant:
Ds Johan van Heyningen
Hele erediens (4,7 MB)

Skriflesing en preek (3,2 MB)

Skriflesing: 2 Timoteus 3:10 – 4:8

Preekteks: 2 Timoteus 4: 5

Hoofgedagte: Hardloop God se wedloop vir jou lewe

Preekskema:
Wanneer leef ons die lewe wat God vir ons bedoel het om te leef. Wanneer kan ons soos Paulus sê : Ek het die wedloop afgelê, ek het gelowig end-uit volgehou. Wanneer is ek oppad, in so mate dat die Here my enige tyd kan kom haal en dat die woorde oor my lewe waar sal wees: Ek het die wedloop voltooi wat God my gegee het om te hardloop. Leef ek binne my unieke omstandighede so dat ek kan sê ek doen die beste, met wat ek het, tov die verantwoordelikhede wat ek voor die Here het?