GEREFORMEERDE KERK BROOKLYN

SAAM OP PAD MET GOD

Finansiële Bydraes

Dra by tot ons bediening


Diakonie

 
Hierdie fondse word uitsluitlik spandeer aan die finansiële nood van lidmate of instansies wat hulp verleen. Elke geval word volgens meriete oorweeg en gemonitor. Die uitgawes beloop duisende rande per maand en daar is amper nooit ’n surplus in die fondse nie. Dit beteken dat die werk gedoen word, ... maar dat die nood hoog is!
 
Bankbesonderhede is:

Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn
ABSA 
Rekeningnommer: 540 280 126
 

Kerkkas

 
Hierdie fondse stel ons gemeente in staat om die wiele van ons missionêre gedrewe bediening aan die rol te hou en ook uit te brei deur dag tot dag finansiële verpligtinge na te kom. Die uitgawes behels persele, administrasie, personeel en finansiering van verskillende kleinere bedieninge. Hoe meer ons het hoe meer kan ons doen!
 
Bankbesonderhede is:

Gereformeerde Kerk Brooklyn
ABSA 
Rekeningnr: 540 340 110
Verwysing:  Gebruik asb Voorletters en van en in hakies noemnaam

Juventus

 
Hierdie fonds finansier die unieke uitgawes wat ’n groot studente bediening meebring. Juventus hou 4 kampe deur die loop van die jaar, bedryf ’n paar studente uitreik bedienings en het weekliks aktiwiteite. Die studente is gewoonlik die lot met energie en inisiatief... maar nie te veel geld nie!
 
Bankbesonderhede is:

Juventus
ABSA
Rekeningnommer: 214 064 2692