SAAM OP PAD MET GOD
|
Program vir die week
|
||
Dagboek:
Vandag:
Katkisasie
Nagmaal by Troyestraat
Aand: Ruildiens
TAB Byeenkoms
TAB Ouer byeenkoms
Maandag:
19:00 Bybelskool
Woensdag:
UP Lentedag
09:30 Susan Strijdom
|
||
|
Afkondigings
|
||
Naasteliefde:
Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisisse neem die vrymoedigheid en kontak die Kerkkantoor, dat ons dit onder die gemeente se aandag kan bring. Vir meer sensitiewe persoonlike sake is u welkom om een van die predikante te kontak
Siekte:
Johanna van der Walt is steeds baie siek en verswak by die dag. Ons bid haar die krag en seën van ons Hemelse Vader toe.
Hannes Pieterse is met ‘n vuil naald raakgesteek en ontvang tans ARV behandeling wat veroorsaak dat hy baie sleg voel. Ons vra voorbidding vir krag en sterkte.
Riekie Snyman (Nebohof) se toestand in die hospitaal het verswak. Sy word nou in ‘n hoësorg-eenheid verpleeg. Ons bid haar krag en sterkte toe
Gelukwensing:
‘n Hartlike gelukwensing aan Casper en Elaine van Wyk wat op Saterdag 28 Augustus in die huwelik bevestig is. Sy het twee seuns Falco en Andrea en saam met Casper se twee, Lize en Cara is dit nou ‘n lekker groot gesin.
Werkswinkel gemeentebou
Vanaf 15 tot 17 Oktober bied die Gereformeerde Kerk van Nelspruit hierdie werkwinkel aan. Vir die volledige program, sien die pamflet op die kennisgewingbord.
Kooroefening:
Die studentekoor oefen elke Dinsdagaand om 18:00. Ons kort nog stemme, kom sing asseblief!!
Rietvallei voedingskema
Baie dankie aan almal wat so getrou en gereeld bydra tot die voedingskema. Die volgende kosse word benodig: mieliemeel, suiker, rys, melkpoeier, macaroni, spaghetti, soppoeier, soja, blikkies gemengde groente, vis, blikkies vis, vleis, konfyt, grondboontjie-botter, koffie, badseep, toiletpapier.
Getuienisse – ons kom luister!
As jy ’n getuienis het om te deel sal ons na jou toe kom, luister dit opneem en neerskryf. Ons wil mekaar bemoedig met wat die Here doen en al gedoen het in ons lewens. Ons wil Hom daarvoor eer. Kontak Derik 072 373 4698
of plaas op die blog by ww.gkbrooklyn.org.za
¯Musiekbediening ¯
Enige iemand wat instrumente kan bespeel en belangstel om betrokke te raak by die musiekbediening word gevra om vanoggend of vanaand na die erediens agter te bly en met Phillip Loots te gesels.
Ons wil asseblief almal se epos adresse hê – stuur sommer ’n epos met jou naam en van na kantoor@gkbrooklyn.org.za
KVA vergadering
Die KVA vergadering wat geskeduleer was vir 02 September verskuif na Donderdag 07 Oktober om 12:00 in die moederskamer
Jaarprogram 2011
Daar is reeds begin om die jaarprogram vir 2011 op te stel. Alle diensgroepe en kommissies word vriendelik versoek om asseblief datums vir beplande aksies voor 27 September deur te gee, sodat ‘n volledige konsep van die jaarprogram opgestel kan word vir behandeling op 6 Oktober tydens die beplannings-kommissie vergadering.
Klereverkoping
Troyestraat diensgroep wil graag weer ‘n klereverkoping hou op Donderdag 30 September. Ons benodig nie alleen klere nie, maar enige kombuis artikels, lakens, gordyne, handdoeke en enige iets vir ‘n olifant tafel is ook baie welkom. Blykbaar het ons kopers nog nooit bogenoemde besit nie en is die aanvraag groot.
Interdopper kamp
Ons nooi alle persone tussen die ouderdom van 19 & 29 om saam te kom kamp!
Datum: 10 - 11 Sept Koste : R150 Waar: Nooitgedagt Kampterrein. Kom wonder saam oor die lewe, dade en werke van God!
Skeppingseminaar
‘n Seminaar oor Gen: 1-11 en die Skepping word aangebied deur Dr Johan Kruger op Saterdag 11 September om 09:00. Dit vind plaas by die GK Kameeldrift . Vir navrae kontak 012 819 1182 of 082 745 4117.
Augustus Dankoffer:
Ons isdankbaar dat ons tot op Dinsdag 31 Augustus R182 649 77 ontvang het.!!
Ons doelwit bedrag is R250 000.00
Jy kan jou bydrae per koevert stort of dit direk in die Kerk se bankrekening deponeer op die volgende rekening: Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, rekeningnommer 540 340 110. Takkode: 334 745, ABSA Bank, Hatfield Tak. Merk asseblief u bankdeposito duidelik met u van, voorletters en noemnaam en dat dit vir Augustus dankoffer bedoel is.
Dringende beroep op lidmate
Inligting wat van die kassier ontvang is dui daarop dat vir die eerste vyf maande van die finansiële jaar ons kerklike bydraes ‘n wesentlike tekort toon. Indien u nog nie ‘n bydrae gegee het nie, of agterstallig is met u bydrae word u vriendelik versoek om aandag daaraan te gee.
Nuwe herwinningsprojek
Agapé loots ‘n nuwe projek om fondse in te samel. Ons doen ‘n vriendelike beroep aan almal om al julle koeldrankblikke, bierblikke, spuitkannetjies en alle aluminium blikke na die Kerk te bring. Aan die oostekant van die saal aan die buitekant sal daar sakke wees wat gemerk is vir die doel.
Swaziland Uitreik
Die volgende uitreik vind van 24 – 29 Sept plaas. Tiener bediening en opknapping van die huis gaan aandag kry. Indien u belangstel saam saam te gaan kontak Lilanie 072 308 5032
Jaarlikse Lentekoorfees – 12 September 2010
Aangebied deur Centurion Cantus
Neem asseblief kennis dat dit hierdie jaar plaasvind by Gereformeerde Kerk Rietvallei.
Umgenistraat 359, Erasmuskloof X4 Oorkant die Hoërskool Waterkloof. Toegang: R50.00 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12jr.
Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor.
Daar sal ook kaartjies te koop wees by die deure. Die program begin 14h30 en behoort ongeveer 16:30 klaar te maak.
Kontakpersone Marcha Geyer 083 207 3080 of Pieter du Plessis 083 965 2729
SODAT HULLE EEN KAN WEES
Dr A L A (Wikus) Buys het die groot taak verrig met ‘n proefskrif oor die begrip kerk by prof Schilder: SODAT HULLE EEN KAN WEES
Bestel by: BOEKENHOUT, Posbus 31120, Totiusdal 0134, Dickensonlaan 1180, Waverley, Pretoria 0186, Tel 012 332 3227/8 Sel: 082 333 6817 (mev Cora Bezuidenhout) e-pos: boekenhout@aros.ac.za
Faks: 012 332 3266/086 5922 365
Versoek van die diakonie:
Die diakonie is op soek na damesklere (32/34), kinderklere, en ‘n dubbelbed. Dit kan by die Kerkkantoor afgegee word. Baie dankie vir die skenkings wat wel inkom.
Bybelstudie
Datum: 8 September
Tyd en plek: 9h30 Kronendal (Pretoriusstraat) en 10h45 Nebohof (Troyestraat)
Tema: Die stam van Benjamin.
Gelukwense aan die verjarendes...”
“Ek is tot alles in staat deur Christus
wat my die krag gee.” Fil 4:13
05/09 Thinus Bekker 084 583 2906
05/09 Kobus Sonnekus 012 348 9990
05/09 Anna-Marie Helberg 083 239 1866
05/09 Lynette Helberg 073 681 1371
05/09 Lourens Meintjes 082 781 4010
05/09 Linél de Beer 072 054 6459
06/09 Cobus van Marle 083 375 5760
07/09 Gert Erasmus 072 434 6869
07/09 Anneke Silvis 072 537 1314
08/09 Renate le Roux 082 821 5867
09/09 Marleen van Geer 082 785 0923
09/09 Linda van Vuuren 082 825 0220
09/09 Elria Steijn 082 360 8776
10/09 Henry Hoffman 082 594 5783
10/09 Karlien Helberg 072 278 0606
11/09 Annie Ferreira 083 327 6164
Neem asseblief kennis:
Op Sondag 26 September is daar ‘n erediens by DSG skool. Ons rig ‘n vriendelike versoek dat u asseblief nie op daardie dag die skool se parkering sal gebruik nie en dat u vroegtydig sal kom om u parkering hier te verseker.
Opgeneem met bewys:
Marinus van der Hout
Monica Venter
Mechiel Venter
Louise Venter
Hartlik Welkom
Dra by tot ons bediening!:
ABSA, Hatfield tak, takkode: 334 745
Rekeningnommer: 540 340 110
Naam: Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
|
||


