SAAM OP PAD MET GOD
| Aktiwiteite | ||
Senior Lidmate >>60 Plussers (Kontak Niek Wiechers, 012 361 5067) Almal wat bietjie vroeër in die vorige eeu gebore is, kuier gereeld saam en besoek interessante plekke en onderneem allerlei projekte. Jong Werkendes >>Wwess-kamp (Kontak Johan van Heyningen 082 929 1733) Hierdie is 'n kamp vir werkende wesens en senior studente - 'n heerlike kuiergeleentheid met ander jongmense en geestelike toerusting. Studente >>Juventus – Diensgroep vir Studente (Kontak Stephan van der Merwe 072 276 9001) Die studente jeugaksie van ons gemeente staan bekend as Juventus. Juventuslede bespreek ernstige geestelike sake met mekaar, verkeer lekker sosiaal, reël kampe, toere, en nog baie ander lekker dinge. As u 'n student is en 'n goeie gebalanseerde geestelike en sosiale lewe wil hê, is Juventus net die plek! Hou die Hart en Hand dop vir besonderhede van aktiwiteite. Kampe (Kontak ds Griffel van Wyk 012 362 0320) Daar is verskillende kampe waarby studente en ander jongmense betrokke kan raak:
Skoolgaande Jeug >>TAB (Tiener Aksie Booklyn) (Henk Delen 012 329 3188 of Griffel van Wyk 082 354 3726) Die tieners hou jaarliks ‘n kamp en kom tweemaal per maand na die aanddiens bymekaar. Ons gesels saam oor flieks en musiek, kuier saam en ‘eksperimenteer’ met ons geloof. Kinderkerk (Kontak Hettie Delen, 012 329 3188) Ons kinders word tydens eredienste op hulle vlak begelei om werklik die Woord van God te verstaan. Die bedoeling is nie bloot om die kinders besig of stil te hou nie, maar om hulle te laat groei in hulle deelname en betrokkenheid tydens die erediens. Die 3-6 en 7-9 jariges kom apart saam. As u 'n passie het vir kinderbediening kontak die diensgroep. |
||


