SAAM OP PAD MET GOD
| Identiteit & Waardes | ||
IdentiteitBrooklyngemeente is 'n Christelike kerk wat mense uit enige agtergrond verwelkom. Ons wil alle mense die geleentheid gee om hulle geestelike vrae te kom vra, Christenskap te ondersoek en saam te groei. As jy vrae het... kom! Vir ons gaan ‘kerk’ oor stukkende en verlore mense wat deur Christus uit die krag van sy Gees in 'n nuwe verhouding as kinders van God leef om ander ook van hierdie genade in Christus te vertel. Daarom staan ons oortuigde gelowiges by om in hulle toewyding aan God Almagtig te groei en ook te ontdek hoe Hy hulle roep om deur sy Gees in sy Koninkryk te dien. Vir ons gaan kerk nie oor ons nie, maar baie beslis oor Hom! Ons staan in die protestante tradisie as selfstandige kerk wat deel is van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Waardes
|
||


