SAAM OP PAD MET GOD
| Uitreike | ||
Verlore mense moet gelowig word, gelowiges moet groei, groei moet lei tot diens, en diens moet uiteindelik ook gerig wees op uitreik na verlorenes. Chinese bediening >> President Kruger Kinderhuis Pretoria (en Reddersburg) >> Koningskinders >> (Bennie Aucamp 072 014 8041, s29020736@tuks.co.za) Die doel van hierdie uitreik is om te evangeliseer onder jong kindertjies (5-18jaar) wat in baie moeilike omstandighede groot word. Die uitreik se fokus-area is Elandspoort en Danville, in Pretoria-Wes. Daar vind gewoonlik een keer 'n maand 'n aksie op 'n Sondag plaas. Tipiese aktiwiteite op so 'n aksie is mini-kerkdiens, lofprysing, speletjies, vertoninkies en memorisering van teksverse. Vosstraatprojek >> (Kontak Coert van der Walt 012 362 0675) Die Vosstraatprojek word in samewerking met ander kerke bedryf. Dit bestaan onder andere uit 'n sopkombuis waar hawelose mense en straatkinders gehelp word. Saam met die kosvoorsiening word die evangelie aan hulle bedien. Het u deernis daarvoor? Klerebank >> (Kontak Wina Cameron 012 460 8787) en Klereverkoping diensgroep >> (Kontak Joukje Geertsema 072 217 0013 of Babs Prinsloo 012 440 2651) Deur middel van die Klerebank word klere en ander items voorsien waar daar nood binne en buite die gemeente voorkom. Die items wat nie deur die Klerebank gebruik word nie, word op maandelikse verkopings te Troyestraat verkoop. Items kan by die kerkkantore afgegee word. Beertjie diensgroep >> (Kontak Joukje Geertsema 072 217 0013) Sedert 1998 beywer hierdie diensgroep hulle daarvoor om gebreide beertjies te maak en aan instansies en individue te skenk om daardeur 'n behoeftige of gestremde kind se hartjie te verbly. Daar word ook deurentyd voorbidding vir hierdie kindertjies gedoen. Behalwe die maak van die beertjies, word daar altyd wol, lint en veral stopsel benodig. "Share and Care" diensgroep >> (Kontak Joukje Geertsema 072 217 0013) Hierdie diensgroep is veral betrokke by kinders in nood by hospitale, behoeftige kleuterskole asook ander instellings vir kinders. Afhangende van die behoeftes, probeer die diensgroep te help waar hulle kan. Hou Hart en Hand dop vir besonderhede. KwaMhlanga uitreik >> (Kontak Christine Floor 084 401 2537) Daar word uitgereik na vigslyers in KwaMhlanga. Deur tuisbesoeke word daar ondersteuning gebied asook deur besoeke aan die hospice en die dagsorgsentrums vir kinders. Shongwe uitreik >> (Kontak Johan van Heyningen 082 929 1733) Daar word uitgereik na vigslyers in Shongwe net noord van Swaziland. Klem word veral op tuisbesoeke gelê. Hannes Pieters (083 233 0987), ‘n evangelis van ons gemeente, werk voltyds in Shongwe. Swaziland uitreik >> (Kontak Juanita Swanepoel 076 473 4498) Daar is 4-5 uitreike per jaar na El Shaddai sendingstasie in Swaziland. El Shaddai vorm die tuiste van ongeveer 30 weeskinders. Bouwerk, evangelisasie, speel met die kinders, hulp met die groentetuin en skool vorm deel van die hulp. Phuthaditjhaba (Harrismith) uitreik >> (Kontak Ruaan van Wyk 082 597 7748) Ons ondersteun die twee gemeentes in Phuthaditjhaba deur hulle te help met instand-houdingswerk, toerusting en jeugkonferensies. Twee uitreike per jaar word beplan. |
||


