SAAM OP PAD MET GOD
| BLOG : : Boodskap | ||||||||
God het my nie nodig nie.Datum: 2010-03-04 08:50:30 Vir my het 24 Jan 2010 se preek oor die Sabbat geweldig baie beteken. Ek het dit eers onlangs gelees. Om te weet Christus is genoeg, om te weet in Christus verval al die 'moet'- en 'mag nie'-wette wat diens aan Hom betref! Dis eers wanneer mens die vrede en rus van "in Hom is alles gedoen" en "Hy is genoeg" ervaar en regtig daarin berus, dat mens die dankbaarheid begin ervaar wat jou Hom WIL laat dien. Dan kan mens Hom dien waar jou passie is en waarin jy goed is. Dan sal jou gewete nooit gronde kan vind om jou aan te kla dat jy te min doen en dat jy jou moet ooreis asof jy alleen verantwoordelik is vir iets om te gebeur nie. Of dat jy jou moet ingooi in areas waar jy nie met vreugde kan dien nie, omdat daar 'n tekort aan dienaars is volgens jou. (Ek het nogals die geneigdheid om verantwoordelik vir alles te voel...) Dit sluit ook aan by Ps 37:3 en 4 ("...woon en werk rustig voort" en "vind jou vreugde in die Here"). Dit alles staan in kontras met die 'vassit in goeie dade om in God se goeie boekies te kom', soos jy dit stel.
Ek het besef dat God my nie 'nodig' het nie. Om 'n verskil in sy koninkryk te kan maak is eerder 'n voorreg wat Hy my gee - maar dan moet ek dit nooit probeer doen asof dit nie sal gebeur sonder my nie. Want dis nogals wat ek geneig was om te voel, en glo my, dit het baie spanning en angs by my gebring. Naderhand voel mens verantwoordelik vir die hele wereld se ellende en probleme en niks wat jy ooit doen voel asof dit regtig 'genoeg' is nie.
Maar wanneer die stres af is, dan kom die vreugde: ek mag regtig 'n rustige lewe lei elke dag in sy genoeg-doen en -wees. Dankie Here.
Antwoorde
Re: God het my nie nodig nie.
Datum:2010-06-04 11:46:54 Dis wonderlik om daardie vrede in God te vind. En so salig, glo my. En dan die vreugde van in Sy saligheid. En dan die werke uit dankbaarheid. Net so 'n dankie sê geskenk vir hom.
Re: God het my nie nodig nie.
Datum:2010-03-04 21:59:15 Baie dankie vir hierdie verdere insig! God is groot en goed
Re: God het my nie nodig nie.
Datum:2010-03-04 09:43:58 Ek kan uit my hart se dat hierdie getuienis my baie getref het, amper net soveel soos die preek. |
||||||||


