SAAM OP PAD MET GOD
| BLOG : : Boodskap | ||||||||
Mighty MenDatum: 2010-04-28 11:07:44 Fanie dankie vir jou preek van Sondag-aand. Ek was een van die mense wat die verkeerde persepsie oor oom Angus en sy Mighty Men saamtrekke gehad het. Ek het gedink omdat hulle nie maak soos ons Doppers maak nie of omdat oom Angus nie 'n Dopper predikant is nie is dit wat hy gesê tydens die Mighty Men Konferensie nie reg nie en moet ek dit afskiet. Ek was totaal verkeerd! Ek sluit hierby 'n getuienis in van 'n vriend van my. As ek weer aan die Mighty Men Kamp dink, roer dit my hart hier diep binne, waar klipharde geharde boere manne soos kindertjies op hul kniee voor ons Liewe Hemelse Vader neergekniel het en met trane in hul oe, hul harte voor die Here uitgestort het, en voor die Here gebreek het, hulle sondes bely het, hul saak met die Here reggemaak het. Hulle harte vir Jesus gegee het. En Jesus Christus as hul persoonlike Verlosser en Here aangeneem het. Skoongewas en duurgekoop deur die kosbare bloed van ons Here Jesus Christus, nuutgemaak, wedergebore en die ewige lewe ontvang het. Dit is fantasties!!! Prys Sy wonderlike Heilige Naam!!!
Antwoorde
Re: Mighty Men
Datum:2010-05-03 09:35:47 Hallo Fanie, |
||||||||


