GEREFORMEERDE KERK BROOKLYN

SAAM OP PAD MET GOD

BLOG : : Boodskap

Mighty Men 2010

Datum: 2010-05-10 00:12:40

Ek is spyt ek het daardie preek gemis. Ek het Mighty Men 2010 bygewoon en my pa saam geneem (albei stoere doppers). Vroeg daar aangekom die Donderdag en lekker kamp opgeslaan. My doel was meer toeskouer as deelnemer. Tereg gese soos die vorige blogger, miskien om te sien waar hulle nie dopper sou optree nie.

Soos ek die voertuie sien aankom het op die stofpaadjie en steeds die ligte sien verbykom in die nag en die hele aand stemme en tentpale gehoor het, het ek geweet ons is in vir iets....... Met kollegas van die werk en vreemdelinge met wie ek nog nie eintlik geestelike gespreke gehad het nie het ek en Pa maar eenkant stelling gaan inneem vir die eerste sessie. 

Waar die Here werklik met my gepraat het was dat ek nie alleen staan in hierdie wereld nie en nie altyd die antwoorde hoef te he nie. Met die skare mans rondom my het ek nie groot gevoel nie maar inteendeel baie klein !! Ek het glad nie vreemd gevoel oor dinge wat daar gese is of wat daar gesing of gedoen is nie. Mans het gegaan vir antwoorde en klaar! Ons word gedryf deur vrees in hierdie land en laat vrees ons lewens regeer. Ek dink ons het meer gekry as wat ons wou hoor en ook die boodskap wat ons nodig gehad het. "'n Man is soos hy sien". 

Was dit 'n religieuse ervaring? Nee dit was 'n suiwer geloofservaring. Was dit 'n opswepery? Nee dit was 'n oproep! Was dit 'n emosionele "roller coaster"? Nee dit was 'n naweek met sy ankers vasgemaak aan Galasiers 5:22-26. God vra nie vir ons van watse kerk of denominasie jy is nie, Hy vra glo jy in MY, glo jy dat Jesus Christus vir jou gesterwe het? Goeie mense gaan nie hemel toe nie, gelowiges gaan.

Wat ek sal onthou van die naweek is die bagasie wat ek daar gelos het en dat ek kon terugkom met nuwe hoop en nuwe pligstaat gegrond op die Bybel as God se wil vir my en my familie se lewe. Dit was vir my 'n verlengstuk van my geloofslewe in die Gereformeerde Kerk en ek sien hoe dit my rol net soveel meer beklemtoon in die kerk van Jesus Christus.

Eben Venter


Antwoorde

Re: Mighty Men 2010

Datum:2010-05-12 08:09:57

Gister aand was daar 'n program op Kyknet oor Angus Bucken (Robinson Regstreeks). Eben se brief hierbo en Dr Fanie se preek was in die kol. Oom Angus was tydens die onderhoud baie nederig oor sy eie bydrae maar hy het behoorlik oorgekook van liefde en toewyding aan Christus waar voor hy beslis nie skaam was nie. Ek is regtig bly om in 'n dopper gemeente te wees waar alles wat nie presies "Dopper" is nie nie net afgeskiet word met allerande teen argumente en verdigsels nie maar dat ons vir ons self die beste daaruit kan haal.