SAAM OP PAD MET GOD
| BLOG : : Boodskap | ||||||||
Audio-prekeDatum: 2010-07-21 22:03:53 Ek wil sommer net sê: hoera en dankie! Dis heerlik om die 'audio tracks' van die preke te kan aflaai - en as dit prakties moontlik is wil ek vra of dit sommer met al die preke van nou af gedoen kan word, in die oggend- en aanddienste? Dit is 'n wonderlike belewenis van die boodskap, of 'n mens die preek nou in die 3-D wêreld gemis het, dit weer wil hoor of dit dalk vir 'n vriend wil aanstuur.
Antwoorde
Re: Audio-preke
Datum:2010-08-11 15:07:28 Ek's bly om te hoor mense gebruik dit :-) Dankie vir die terugvoer! Ons doelwit is om die preke na elke diens op te laai en later selfs lewendig te stream op die website (as ons internet dit toelaat). Voor dit alles kan gebeur moet ons egter 'n netwerk opstel tussen die klankkamer en die kerkkantoor sodat ons van die internetkonneksie in die kerkkantoor kan gebruik maak. Ons sal 'n afkondiging maak wanneer ons so ver is. |
||||||||


