kinders
Datum: 2010-07-23 12:25:47
Wat 'n wonderlike voorreg het ons kinders nie tans in die gemeente nie!! Hulle het 'n moederskamer, 'n kleuterkerkbediening, 'n kinderkerkbediening, katkisasie, jeug- en Tab-bediening, Mootkampe en (beslis nie meer kinders nie) studentebediening.
En tog is daar nog kinders wat nie hierdie voorregte "opeis" nie...
Of lê die probleem by ons ouers wat nie die kinders wil of kan begelei of aanmoedig om deel te neem nie? Ons wil meelewende Christene kweek, nie waar nie?
Die probleem begin sommer met die klein kinders wat tydens eredienste so klets. Mamma en Pappa, weet jy dat jou kind ook kan deelneem aan die aktiwiteite? Weet jy watter voorreg jy jou kind ontneem? Voorregte wat nie altyd daar in die gemeente was nie en wat die ouer gardes wie se kinders nou al groter en selfs uit die "huis" is, nie gehad het nie. Kinders bly kinders en dis die ouers wat oor die vingers geraps moet word omdat hulle nie hulle medegelowiges in ag neem nie en omdat hulle nie die kinders hiermee aanmoedig en ondersteun en begelei nie.
En ja, 'n mens moet ook die kinders leer om stil te kan sit en bly in die kerk - dis alles deel van grootword. Daarom moet daar ook geduld beoefen word deur ander kerkgangers en vandaar ook die reëling dat ouers met kinders in die "afgebakende" banke kan sit. Maar die banke is nog steeds in die kerkgebou en nie die huis of speelgroepie nie...