GEREFORMEERDE KERK BROOKLYN

SAAM OP PAD MET GOD

BLOG : : Boodskap

Dissipelskapkafee

Datum: 2011-04-12 17:07:10

Gereformeerdekerk Brooklyn
Dissipelskapkafee
Ons dissipelskapkafee het Maandagaand amptelik geopen met ‘n gesprek oor die ‘Opstanding van Jesus’. Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe inisiatief en sien met groot verwagting uit na die volgende kuiers in die kafee! Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en daarin te verdiep. Dit wil ons op ‘n interaktiewe en informele wyse, maar tog met n spesifieke fokus en struktuur probeer bewerk.
Almal wat belangstel word genooi om op Maandagaande op 19:00 in die kerksaal bymekaar te kom.  ‘n Spreker gaan ‘n gesprek oor ‘n spesifieke onderwerp inlei en  bespreking kan daarna plaasvind. Die Kafee sluit weer om 20:30
Kleingroepe kan die onderwerpe later verder bespreek.
 
Maandagaand, 18 April begin Griffel met ‘n reeks oor die Bybel. Sy tema vir die aand is “Die Aard en samestelling van die Bybel
 
Moet dit nie misloop nie!!!
Kafeepersoneel.


Antwoorde

Daar is tans geen antwoorde gepos nie.