GEREFORMEERDE KERK BROOKLYN

SAAM OP PAD MET GOD

BLOG : : Boodskap

Gemeentekamp: Nabetragting

Datum: 2009-03-26 08:05:36

As julle na die kamp so 'n bietjie af voel vandag, dit is normaal, 'n mens noem dit "Kamp blues" en as julle maag seer is, is dit maar net die lagspiere wat die naweek 'n bietjie oortyd gewerk het. (Jaco, ons het jou grappies en sê goed baie geniet!) As ons almal slegs een positiewe ding by die kamp geleer, beleef of ervaar het en net een nuwe vriend of vriendin gemaak het, was die kamp vir ons almal suksesvol. ( Ek het gehoor 'n paar ouens het fietsry buddies bygekry en 'n paar tee- en koffiedrink afsprake is gereël.) Aan al die mense wat agter die skerms baie hard gewerk het, baie dankie. Johan, se volgende gemeentekamp is blykbaar in die Sederberge en in die winter! Sjoe!!!!!!!! Ek is bly ek hoef nie daardie kamp te reël nie! En ek kan ongelukkig nie saamgaan nie! Enige voorstelle en idees om die kamp meer suksesvol te maak kan julle gerus vir my of vir Griffel stuur. Enige klagtes kan julle ook aanstuur. O ja, laat weet asseblief ook vir ons wat julle belewenis was van die kamp en wat julle ervaar het. Ek moet gaan.......hier kom die baas!!!!!!!!!!!!!!!! >


Antwoorde

Re: Gemeentekamp: Nabetragting

Datum:2009-03-30 13:28:01

Hi Julle wat by die kamp was iemand het haar kamera daar verloor. As julle kan help laat weet asb vir Kobie by 0829736838.