GEREFORMEERDE KERK BROOKLYN

SAAM OP PAD MET GOD

BLOG : : Boodskap

Die omkeer kom!

Datum: 2012-01-10 19:27:44

 Die Sinode van die GKSA het vandag [10 Jan 2012] 'n groot besluit geneem om die afwesigheid van sy missionale hart om te swaai. Prys die Here, en bid dat die resultaat so goed sal wees soos die volgende besluit:

Aanbeveling 
4.1 Dat ʼn omkeerstrategie in die GKSA uitgewerk, beplan en gevolg word om die dalende 
tendens in lidmaatgetalle in die GKSA en ander kerke in Suidelike Afrika om te draai, 
sodat die kerk van ons Here in Suidelike Afrika kan groei en Sy koninkryk so uitgebou 
kan word. 
4.2 In antwoord op Christus se opdrag tot die uitdra van die evangelie, en op dit wat Hy Sy 
kerk geroep het om te doen en te wees, word elke gemeente en meerdere vergadering 
van die GKSA opgeroep om afsonderlik en gesamentlik te beplan om kerke te wees 
wat God verheerlik deur mense te begelei tot geloofsvolwassenheid, sodat gelowiges 
saam verantwoordelikheid kan neem om mense en gemeenskappe onder die gesag 
van Christus te bring. 
4.3 Dat in afhanklikheid van God in elke gemeente en kerklike vergadering van die Here 
gesmeek word dat ons as gelowiges onder leiding van Sy Gees, sal soek om ons 
Verlosser te behaag in alles wat ons doen,  ʼn godvrugte lewe sal leef, en gevul sal 
wees met ʼn biddende en opofferende deernis vir diegene in die hele wêreld wat verlore 
is. 
4.4 Dat elke plaaslike kerke opgeroep word om getallegewys uit te brei, hul lidmate toe te 
rus en te versorg, en die moeder-kerke te word van soveel as moontlik geloofsgroepe 
en gemeentes, asook om deur inisiatiewe en samewerking in te dring met die 
evangelie in strukture van die samelewing wat buite die bereik van die plaaslike kerk is. 
4.5 Dat die GKSA haar ten doel stel om die aantal goed opgeleide persone (georden, niegeorden, voltyds, deeltyds, vrywillig) te vermenigvuldig, wat die evangelie kan uitdra op 
‘n liefdevolle, toegewyde wyse op elke moontlike lewensterrein. 
4.6 Dat die lewenswyse van die GKSA (insluitende ons kerk etos, gewoontes, Kerkorde, 
die gebruik van hulpbronne, kerklike Deputaatskappe, ondersteuningspersoneel ens.) 
voortdurend hervorm word, om aan die opdrag van ons Here aan ons as die kerk te 
kan voldoen. 769 
4.7 Studiedeputate moet aangewys word om studie te doen 
4.7.1 Van gemeentes wat groei en van gemeentes wat krimp, en om in te gaan wat sulke 
gemeentes in gemeen het. 
4.7.2 Van omkeerstrategieë wat in ander kerke oor die wêreld uitgevoer is, en die resultaat 
daarvan. 
4.7.3 Van hoe lidmate kerkwees en hulle roeping daarin ervaar. 
4.7.4 Van materiaal wat beskikbaar is vir die opleiding van lidmate, asook die ontwikkeling 
van nuwe materiaal. 
4.7.5 Van die suiwerheid en toepaslikheid van die leer wat op elke vlak verkondig word, 
asook hoe dit verder uitgebou kan word. 



Antwoorde

Re: Die omkeer kom!

Datum:2012-01-17 13:50:11

Hierdie besluit wat by 2012 se Sinode geneem was is regtig goeie nuus, na al die negatiewe dinge wat ons oor die Sinode in die verlede gehoor het. Ek hoop dat sal met die leiding van onse Here die nodige vrugte afwerp en dat nie net Brooklyn nie maar ook al die ander GKSA gemeentes sal groei.

Wat al ons (GKSA) se planne en goeie voornemens,  in die verband in die wiele gery het in die verlede was dat sommige lidmate, nie-lidmate, predikante, ouderlinge, professors,  ens, wat sonder om behoorlik voorstelle te evalueeer en te beredineer en te luister, enige  voorstelle wat nuut lyk of 'n moontlikheid het van "on Bybels" of ongereformeerdheid summier af te skiet by kerklike vergaderings omdat dit nie "skrifgetrou" is nie of nie in pas by die tradiesies en gewoontes van die gemeente of die GKSA nie. Sommige argumente is dalk geldig maar ons moet versigtig wees dat ons nie inoverende denke demp in die gemeente deur "te heilig" in die kerk te probeer wees nie.