GEREFORMEERDE KERK BROOKLYN

SAAM OP PAD MET GOD

BLOG : : Boodskap

Join the Club

Datum: 2012-02-07 09:52:44

As jy in jou hart opgewonde is oor die Sinode se besluit om op ons Godgegewe opdrag te fokus nl. om die Koningkryk van God uit te bou, en eers ander minder belangrike sake eenkant te laat, “join the club!”
EK BEDOEL: JOIN THE CLUB!!
Die “Dissipelskapkafee-CLUB” Wonderlike geleentheid om saam met ander gemeentelede ons koppe rondom die nuwe benadering te kry. Moet nou nie jou liggie net in jou klein hoekie laat skyn... en ek myne in my hoekie nie! Onthou jy die kinderkrans liedjie...”Laat ons skyn vir Jesus”...Ja...OK... ek is ‘n aangetroude dopper maar ek is seker jy het ook die liedjie saam met die CSV by die see gesing.
Is die feit dat ons, ons so toegespin hou in ons eie, oorbekende omgewing,  nie juis die rede waarom die agteruitgang plaas gevind het nie? Nogal die kern van gisteraand se Dissiepelskapkafee. Ons is almal so “comfortable” in ons lekker ou “tradisionele-kerk” dat ons nie meer ‘n saak het met die nood en behoefte buite hierdie “zone” nie.
Kom man, kom neem deel op die reis na wat die alternatief kan wees om die omkeer  in ons kerk te bewerk! Kom ons steek ons lig aan en sit hom bo-op die kas dat hy kan skyn en lig maak vir almal om te kan sien.
JOIN THE CLUB!!


Antwoorde

Daar is tans geen antwoorde gepos nie.