GEREFORMEERDE KERK BROOKLYN

SAAM OP PAD MET GOD

BLOG : : Boodskap

Luister na 'n Atiës

Datum: 2009-04-16 15:05:16

Ek gaan 5 Mei ‘n onderhoud met ‘n Atiës voer voor ‘n klomp mense. Ek dink dit is so nodig om in ander mense se koppe in te kom en te verstaan hoe mense ‘gewire’ is. Dit gebeur eintlik meeste van die tyd dat ons in ons eie koppe en gedagtes vasgevang is en nie regtig belangstel in ander mense se goeters nie. ‘Om te luister’ is dus seker die probleem waarvan ons praat. Ek het onlangs gelees dat een van die grootste liefdes dade wat ons in die post-moderne eeu vir mense kan doen is om na hulle te luister. Dit word genoem: “Missional Listening”. Nie luister om maar net te luister nie... luister met die doel om te verstaan, saam te dink en saam te dra aan ander se gedagtes. Luister is ook nogal uitputtend. Dit kan mens moeg maak om na ander te luister met konsentrasie, sonder om na twee sinne in jou eie kop te begin dink wat jy gaan terugsê nie. Dit is een van die maklikste maniere waarop ons liefde vir mekaar kan wys... deur regtig te luister. Want as jy luister dan sê jy vir iemand... ‘wat in jou hart lewe is vir my belangrik. Jy as mens is waardevol. Jy is die moeite werd om na te luister.’ Hoekom gaan Christene 5 Mei na Ashor Sarupen, ‘n Atiës luister? Wel... om te leer... om te verstaan... maar miskien die heel belangrikste... om lief te hê. Hoe die website dop vir die presies tyd en plek van ons gesprek 5 Mei. Griffel.


Antwoorde

Re: Luister na 'n Atiës

Datum:2009-04-28 16:53:56

Luister is beslis 'n goeie beginpunt en liefde daarmee saam verduidelik iets meer van wie Christus werklik is. Moet egter nie 1 Petrus 3:15 uit die oog verloor waar ons vermaan word om rekenskap te gee aan elkeen wat dit van ons vereis met SAGMOEDIGHEID en VREES. Dus gaan dit nie net oor luister nie maar ook om met verstand antwoord te gee op dit wat ons mee gekonfronteer word. Daar bestaan in die sekulere wereld die persepsie dat die Christelike geloof nie logies is nie en nog minder logies verdedig kan word. Paulus sou beslis nie daarmee saamstem nie maar ongelukkig is daar te min Christene in ons 'moderne' era wat met hom kan saampraat

 
Re: Luister na 'n Atiës

Datum:2009-04-17 12:22:00

Ons eerste reaksie nadat iemand iets gese het waarvan ons nie hou nie of nie mee saamstem nie is om te reageer op 'n negatiewe en/of afwysende wyse.Maar het ons gehoor wat ons moes gehoor het? En verstaan ons regtig waaroor dit gaan of dit wat die ander persoon gese het? As ons eers verstaan waaroor dit gaan sal ons anders reageer (en dikwels op die die regte wyse). Luister--> Aanvaar dit wat die persoon gese het en se dit vir hom--> Exploreer verder deur vrae te vra totdat jy seker is julle altwee verstaan mekaar. As daar konsensus is dat julle mekaar verstaan dan reageer jy. In plaas daarvan om die persoon af te skiet sommer van die begin af, gaan jy dalk beter verstaan waarom die persoon byvoorbeeld 'n atiës is en anders (in liefde) teenoor hom optree. Om te weet dat jy gehoor word is verreikend maar ek dink om te weet dat jy ook verstaan word is nog meer verrreikend. Hierdie "gevoel" by die ander persoon is die ideale omstandighede om die ander persoon tot ander insigte te bring.