Sommige sien dit as stille-werk-agter-die-skerms, ander voel in vandag se rondhardloopbestaan is die aktiwiteit uitgedien, maar vir 'n kookwater kerngroep in die gemeente bly die behoefte daar: Sustersaktiwiteite en daarmee 'n besondere uitlewing van die gemeenskap van die gelowiges.

Die op-en-wakker bestuur, synde:

  • Loraine le Roux - die voortreflike
  • Pattie van Heerden - die verantwoordelike
  • Petra de Klerk - die vlytige
  • Marianna du Plessis - die vernuftige
  • Marlize du Plessis - die voorslag
  • Magda Cunze - die veeldoelige
  • Ester Cloete - op pad uit weens al-die-verpligtinge-van-'n-krosie-van-vier
  • Erna Kruger - die vreeslose (dis nou vir "swot" na 60)


Hou die Nuusbrief en Kerkkalender dop vir meer inligting.

Hiermee wil die bestuur opnuut elke Suster nooi om betrokke te raak by ons aktiwiteite. Kom ons leer mekaar ken - die mens agter die kopknik langs my in die kerkbank.


Verder is die Susters deurlopend betrokke by:

  • Teebeurte na kerk
  • Verversings by begrafnisse
  • Bybeltjies aan dopelinge
  • Papierherwinning (dankie aan almal wat so getrou koerante gebring het - al julle pogings was R1871 werd!)
  • Verjaardagkaartjies aan Susters


Susters:

  • Stil-werkend agter die skerms? Dit ook.
  • Mense wat ook deel is van die rondhardloopbestaan? Beslis.
  • Vriendinne in Christus wat saam bou aan ons gemeente-samehorigheid? Sonder twyfel.