Een van die warm onderwerpe in die media vandag is rassisme. Dit is hartseer dat alle mense nie in liefde met mekaar kan saamleef nie. Rassisme verklap gebroke verhoudings en dit breek bestaande verhoudings. Teenoor spanningskeppers is Jesus se volgelinge versoeningsoekers. Dink daaraan dat Hy in sy liefde Hom onvoorwaardelik aan ons verbind het:
Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God, Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van versoening toevertrou … Ons smeek julle namens Chrstus: aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! (2 Korintiërs 5:17-20) Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|