Waaroor het jy vandag met ons Here gepraat?
As gelowiges het ons die voorreg om vir mekaar te bid, in goeie en veral swaar tye. Besef jy dat daar ook vanuit die hemel vir jou gebid word? Jesus (Lukas 22:32 en Johannes 17) en die Heilige Gees bid vir jou: Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie (Romeine 8:26). Praat met vrymoedigheid oor alles in jou hart met ons Here. Laat dit vir jou ’n bron van krag en bemoediging wees dat daar vanuit die hemel vir jou gebid word. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|