In Eksodus 20:16 staan daar: “Jy mag nie vals getuienis teen `n ander gee nie.”
Lees bietjie wat sê ons belydenis wat hierdie sin beteken: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê, niemand se woorde verdraai, nie `n kwaadsteker of lasteraar wees nie, niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie. Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring nie. In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê en bely. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder. Dit is `n kort sin met `n lang impak. Maak seker dat jy nie vals getuienis teen `n ander gee nie. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|