Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Leef Saam
  • Dien Saam
    • Administrasie >
      • Eiendomme
      • Finansies
      • Projekte
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae

Inligiting:

​Datum:  22 Januarie 2018 [10:00] - 26 Januarie 2018 [12:00]
Plek:  Oppieberg Kampterrein (www.oppieberg.yolasite.com)
Koste: R750 (Alle etes vir die 5 dae ingesluit)
Navrae: 1stejaarskamp@gkbrooklyn.org.za

Wat vat ek saam?

Gemaklike Klere
1 stel ou klere...
Tekkies en/of ander gemaklike skoene
Swemklere en handdoek
Alles waarmee jy skoon en vars kan kom (tandeborsels is 'n MOET)
Muskietafweerder (as jy soet bloed het)
Eetgerei
Eie beddegoed: slaapsak, kussing, komberse
'n Bybel as jy een het
Notaboek en pen
TONNE ENERGIE EN GROOT GLIMLAGTE
Picture
Picture
Picture

'n Kort stukkie oor die kamp:

So met die laaste doodsnikke van jou skoolloopbaan, is daar baie om na uit te sien. ʼn Nuwe begin in wat ookal dit is wat jy beplan, moontlik ʼn nuwe plek, nuwe vriende en ʼn hele nuwe lewensomgewing, want skool is amper verby!! Met hierdie nuwe ervaring in jou lewe wil ons jou graag uitnooi om dit saam met ons af te skop, 22-26 Januarie 2018. Gereformeerde Kerk Brooklyn se kamp vir Eerstejaars (enige iemand wat hul eerste jaar na matriek ingaan) is ʼn plek waar ons jou so klein bietjie wil voorberei vir die nuwe uitdagings, ervarings en vrae wat op jou wag. Kry inspirasie en kom vind saam ons uit presies hoe jy in die hele storie in pas. Bring jou vriende en kom maak vriende en bou verhoudings wat so naby aan familie word, veral as jy ver van die huis af is. Kom eet lekker en belangrikste van alles -hope pret en lawwigheid! Hieronder is al die inligting wat jy sal nodig hê om deel te word, en om in te skryf of vir navrae, gaan kyk op www.1stejaarskamp.co.za. Indien dit bietjie moeilik gaan wees om te kom weens finansies, kontak ons ASB - daar word borge beskikbaar gestel, omdat ons jou werklik graag daar wil hê!!  Hoop om jou binnekort in Pretoria te sien! Alle sterkte en seën vir jou laaste eksamen. Vertrou op die Here en werk uit Sy krag!

En vir die ouers:

 Die tema is bloei: ons speel met die veelvoudige betekenis van bloei en trek die konsepte deur na wat eerstejaars kan verwag in hulle eerste jaar, die struikelblokke asook wonderlike gebeurtenisse wat hulle gaan ervaar en hoe om God deur alles te dien! Ons gaan bespreek hoe die lewe jou soms laat bloei en watter wonde hulle gaan opdoen in hulle eerstejaar, maar ons gaan ook bespreek dat hulle nou soos ‘n blom in die bloeisel stadium van hulle lewe is. Deur alles en in elke fase is Christus se bloed meer as genoeg en die basis waarop enige student hulle lewe moet bou! Ds. Chris de Beer en ander predikante lei die kamp en program ten opsigte van die inhoud en tema, en die
kampleier en ander groepleiers is in beheer van ‘n hele rits aktiwiteite regdeur die week. Die groepleiers wat saam gaan kamp is senior studente (tweede jaar en ouer). Hierdie studente is self in die gemeente en leer dus die eerstejaars ken, om sodoende ʼn ondersteunings raamwerk of selfs ‘familie’  vir die nuwe eerstejaars te vorm, hulle te help tuis voel in die gemeente en sommer algemene raad, in terme van studies, koshuis, sosiale lewe ens te gee. Hulle help dan ook die eerstejaars om te sien dat dit moontlik is om hulle universiteit pad saam met God te stap. Die doel van die kamp is eerstens om die eerstejaars deel te laat voel van die familie van GK Brooklyn en om met hulle die genade te deel, soos hulle die nuwe stadium van hul lewens betree.

Wil jy saam kom kamp?? Moenie uitmis nie en vul vandag nog jou inskrywings vorm in! Ons sien uit daarna om jou te ontmoet!

Vul die inskrywingsvorm hier in

    Vul jou besonderhede hier in:

    Besonderhede van ouer/voog:


    Max file size: 100MB
Submit

Bankbesonderhede

Betaal asb teen 17 Januarie 2018

Juventus
FNB Tjekrekening
Rekening nommer: 62468439966  
Takkode: 250655
Stuur Verwysing: #2018Van & Voorletters na 1stejaarskamp@gkbrooklyn.org.za

Indien jy 'n reëling wil tref of 'n borg benodig, kontak ASB. 1stejaarskamp@gkbrooklyn.org.za 
​Ons wil jou BAIE GRAAG saam neem!!!

Wil jy 'n behoeftige 1stejaar borg?
Stuur 'n epos aan 1stejaarskamp@gkbrooklyn.org.za
DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
09:30 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
​Besoek die regering se amptelike Covid-19-webwerf om op hoogte te bly. Klik hier
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Leef Saam
  • Dien Saam
    • Administrasie >
      • Eiendomme
      • Finansies
      • Projekte
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae