Eredienste
Kobus vd Westhuizen 082 552 4790
Die diensgroep het ten doel om die liturgie tydens eredienste in die gemeente te ondersteun sodat eredienste tot eer van God en ‘n besondere geestelike belewenis is, asook tot opbou van alle lidmate en besoekers is. Dit behels die eenheid van die liturgie (voorlesers, predikers, musikante, kollekte, nagmaal, lofprysing, projektorspan ens) vir elke erediens, terwyl daar ook gereeld oor die inhoud van eredienste en die ervaring van lidmate en besoekers besin word.

Gebed
Vir meer inligting oor Brooklyn se gebedsbediening of om gebedsversoeke te vra, kontak vir Annie Gerryts. Haar besonderhede is by die kerkkantoor beskikbaar.
Daar is twee weeklikse gebedsgeleenthede wat jy kan bywoon:
Donderdagoggende om 11:00 - 12:30
Vrydagoggende om 06:30 - 07:00 (tyd van byeenkoms verander saam met seisoene)

Musiekbediening
Die diensgroep begelei die gemeente met sang en musiek in hul lofprysings- en aanbiddingsgeleenthede. Hulle adviseer ook die kerkraad oor musiek, sang en aanbidding in die kerk.
As jy ’n musiekgawe en -passie het, kan jy jou gawes hier gebruik. Kontak vir Phillip Loots. Sy besonderhede is by die kerkkantoor beskikbaar.

Tegniese span
Ons webblad moet in stand gehou word. Benewens inligting oor ons as gemeente, word daar ook gereeld preke in klanklêers geplaas sodat mense wat Afrikaans magtig is, internasionaal daarna kan luister. Verder het die eredienste en ander funksies tegnologiese ondersteuning nodig. As IT, visuele toerusting of klanktoerusting jou belangstellingsveld is, raak hierby betrokke.
Vir meer inligting, kontak Anton van der Walt. Sy besonderhede is by die kerkkantoor beskikbaar.