In die lig van spanning by ons universiteite moet ons as Christene saam bid:
Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God is by jou oral waar jy gaan (Josua 1:9). Een van die warm onderwerpe in die media vandag is rassisme. Dit is hartseer dat alle mense nie in liefde met mekaar kan saamleef nie. Rassisme verklap gebroke verhoudings en dit breek bestaande verhoudings. Teenoor spanningskeppers is Jesus se volgelinge versoeningsoekers. Dink daaraan dat Hy in sy liefde Hom onvoorwaardelik aan ons verbind het:
Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God, Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van versoening toevertrou … Ons smeek julle namens Chrstus: aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! (2 Korintiërs 5:17-20) Matteus 26:36-46 en Romeine 13:1-7
Gehoorsaamheid was die verskil tussen lewe en dood. Ons sou dood gewees het as Christus ongehoorsaam aan sy Vader was. Hy het die opdrag gekry om Homself te gee as betaling vir ons sonde. Dink net wat sou die gevolge gewees het as Hy nie gehoorsaam was nie. As dit die pad was wat Hy vir ons gestap het, kan ons mos nie anders as om Hom in gehoorsaamheid daarop te volg nie al is dit soms baie moeilik. Is die sabbat vir jou ’n dag, ’n plek of ’n persoon?
Vir baie mense is die konsep van sabbat irrelevant en tog is een van die grootste siektes van vandag om uit te brand. Studies wys dat almal rus nodig het. Dit is maklik om te dink dat rus voorkom in die vorm van ’n afdag waar jy niks doen nie. Vir gelowiges is die konsep van die sabbat eerder ’n vraag oor identiteit, want die vraag is: in wie vind jy jou rus? Wanneer Jesus in Matteus 12:8 sê Hy is Koning oor die sabbat besef ons dat die sabbat meer oor Hom gaan as oor wat ons doen of nie doen nie. Luister wanneer ons Koning sê: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee … (Matteus 11:28). Mag jy vandag oomblikke van rus ervaar in die Koning se teenwoordigheid. |
Argief
November 2017
|