Jesus se eerste woorde nadat Hy aan die kruis vasgespyker is, was gerig op sy vyande wat Hom haat:
Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. Daarna spreek Hy ’n geharde sondaar vry: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees. In sy derde kruiswoord rig ons Here Hom tot sy naby geloofsfamilie wat swaar kry. Ons sien in ons geestesoog Jesus se ma, ’n paar ander vroue en Johannes daar voor die kruis (al sy ander dissipels het Hom in die steek gelaat en gevlug). Hulle is stukkend en verward. Dan hoor ons Jesus met sy ma en Johannes praat: “Vrou, daar is jou seun ... Kyk, daar is jou ma” (Johannes 19:27, Nuwe Lewende Vertaling). Deur hierdie verbintenis praat Jesus ook vandag nog met my en jou: ons is ’n geloofsfamilie wat mekaar nodig het. Ons moet mekaar liefhê en opreg vir mekaar omgee. Wat ’n voorreg om in hierdie Paastyd opnuut weer te besef dat ons Here ons deel gemaak het van ’n geloofsfamilie in die kerk waar jy is. Dank Hom daarvoor! Drie kruise op Golgota-koppie. Drie gekruisigdes in gesprek te midde van die onmenslike pyn van mishandeling - aan die buitekant twee gruwelike politieke misdadigers, van die laagste tipe in die samelewing. Eers spot hulle al twee met die middelste kruis. Die middelste kruis swyg.
Skielik verander die een misdadiger se gesprek soos handomkeer. ’n Belydenis volg: Hy, aan die middelste kruis gespyker, is onskuldig! Dan ’n gebed: “Jesus, dink aan my wanneer U in die koninkryk kom.” Onbeskryflik klink die woorde van die Verlosser: “Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:43). Voel jy soms dalk ook so laag, vuil en sondig soos die misdadiger aan die kruis? Geen sonde is te groot om vergewe te word nie! Bely jou sonde eerlik teenoor jou Verlosser en glo die verklaring van Hom wat aan die middelste kruis vir jou gesterf het: Vandag, saam met My in die paradys! Lukas 23:34
Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! Dit is aangrypend om te dink dat Christus besig was om te bid vir mense wat Hom uit haat aan ’n kruis vasgespyker het. Gedryf deur sy liefde vir die mens bid Hy om vergifnis wetende dat dit Hom sy lewe gaan kos. Wanneer Hy bid dat die Vader hulle moet vergewe, dan bid Hy dat hull tot die volle besef sal kom dat hul skuld betaal is om daardeur met God versoen te word. Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê (1 Johannes 3:16). Begryp jy dat dit ook waar is vir jou? In Eksodus 20:16 staan daar: “Jy mag nie vals getuienis teen `n ander gee nie.”
Lees bietjie wat sê ons belydenis wat hierdie sin beteken: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê, niemand se woorde verdraai, nie `n kwaadsteker of lasteraar wees nie, niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie. Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring nie. In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê en bely. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder. Dit is `n kort sin met `n lang impak. Maak seker dat jy nie vals getuienis teen `n ander gee nie. |
Argief
November 2017
|