Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie

Midweekboodskap

Loslitdag

31/8/2016

 
Picture

Loslitdag

Die aanbreek van lente gaan in Suid-Afrika altyd gepaard met Loslitdag. Vanjaar vier ons dit op Vrydag 2 September wanneer ons in besonder daarop fokus om ’n vreugdevolle verskil te maak in die lewe van mense met gestremdhede. In hierdie bedeling leef ons in die “winter” waarin daar nog baie swaar en seer en waarom-vrae is. Die goeie is egter dat ons ook leef met die belofte van ’n permanente lente wat eendag gaan aanbreek:
​

Toe sê Hy wat op die troon sit: Kyk, Ek maak alles nuut (Openbaring 21:5).

Daarom kan ons saam met Paulus getuig:

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Romeine 8:18).

Reik hierdie week uit met Jesus se liefde na mense wat beperkinge het en leef met die sekere wete dat jy ’n voorsmakie is van die permanente lente wat kom.

Augustus-winde

24/8/2016

 
Picture
Die Augustus-winde het begin waai. Boere is dankbaar, want die winde is die aankondiger van die reënseisoen. Eintlik is dit nie die “Augustus-winde” nie, maar eerder God se winde, want dit is Hy wat die krag van die wind bepaal en die reën stuur (Job 28:25-26). 

As ons Here die skepping so fyn beheer, hoeveel te meer nie jou lewe nie. Die detail van jou lewensdae is reeds deur God opgeskryf nog voordat jy gebore is:

U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! (Psalm 139:16).

Laat die Augustus-winde jou herinner aan Hom wat groter is as die stormwinde in jou lewe.

Nagmaal elke dag

17/8/2016

 
Picture
Volgens die gemeentelike kalender vier ons DV eerskomende Sondag weer Nagmaal by Brooklyn.  Het jy al mooi gedink waaroor Nagmaal gaan? Met Nagmaal vier ons die dood en opstanding van ons Here Jesus.  Sy liggaam is gebreek en sy bloed het gevloei tot “volkome versoening van al ons sondes” (Nagmaalsformulier).  Ons sal nooit kan besef hoe grusaam en wreed die kruis as betaling van ons sonde was nie (Jesaja 52:24-53:10) ... en om te dink dat Jesus in sy onskuldige lyding aan die kruis aan jou persoonlik gedink het as sy kind!
​
Dit lei mens na die vraag: vir wie is Nagmaal ingestel? Dit is vir elkeen wat eerlik besef hoe sondig hy of sy werklik is, wat opreg glo dat Jesus alleen ons Verlosser is, en wat die opregte begeerte het om in alles in die lewe dankbaar en tot eer van ons Here te lewe.  Nagmaal mag nooit ’n kalendergewoonte word nie,  want ek moet élke dag besef hoe sondig ek is, élke oomblik in Hom bly glo en wát ek ook al dink, sê of doen, dit áltyd tot sy eer doen.  Nagmaal is ’n afhanklike dankbare lewe elke dag!

Luister jy?

10/8/2016

 
Picture

Luister jy?

Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag (Deuteronomium 6:4).

In vandag se wêreld is daar baie stemme wat meeding vir jou aandag. Tussen al die gejaag deur raak dit soms moeilik om stil te word en dan kan dit maklik vir jou voel of God besig is om stil te raak. Die realiteit is dat God nie stil raak nie, jy moet dalk net weer begin fokus om te luister.

Die teoloë Leonard Sweet en Frank Viola skryf hoe belangrik dit is om te luister as jy God se stem wil hoor:

The primary gateway to the soul is the ear. By definition, the disciples of faith are first and foremost listeners. The very word disciple means “the one who listens and learns”.
​

Maak seker dat jy hierdie week die vaardigheid van luister oefen, sodat jy God se goeie nuus duidelik kan hoor.

Quo Vadis?

3/8/2016

 
Picture

Quo Vadis?

Ons petrol is op – konsternasie in die hoenderhok. Die verkiesingsuitslae lê voor - vir tallebring dit geweldige spanning. ‘Studente’-dreigemente klink harder en harder: “Fees mustfall!”

Ondertussen gaan die lewe voort. Saam met groot dankbaarheid, vreugde en vrede, is daarook ongekende hartseer, onsekerheid en pyn. ’n Wolk van swaarmoedigheid hang oor baie.

Ons Here staan nie eenkant weg en beskou ons lewe vér van ’n afstand af nie. Gaan lees gerus Psalm 37 en glo ons Here as Hy sê dat jy jou nie moet ontstel en kwel oor dingewaaroor jy nie beheer het nie:

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jouvreugde in die Here ... laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg (Psalm 37:3-5).

Vertrou Hom, ja, vertrou Hom alleen!

    Argief

    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015

    RSS Feed

DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
08:50 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie