Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie

Midweekboodskap

Vrede

30/8/2017

 
Picture
In 2 Tessalonisense 3:16 vind ons ’n treffende gebed met die woorde:
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees! ​
Hoor mooi, ons Here is die bron van ware vrede. Maak hierdie gebed, waar ons lewe in ’n wêreld vol onrus en onsekerheid, jou eie deur te bid: ​
Mag U, Here, wat vrede gee, my altyd in alle opsigte vrede gee! Ek weet, U, Here, is altyd met my. Amen.

Gee jouself...

23/8/2017

 

​Ons leef in ’n prestasiegedrewe samelewing. Jy moet presteer om gereken te word. Selfs ons kinders leef onder geweldige druk; jy moet presteer voordat mense van jou kennis neem en van jou hou.


By ons Here is dit so anders. Hy sê:
Gee jouself as ’n heilige offer wat vir God aanneemlik is (Romeine 12:1).
Hy gee nie om wat jy bereik het, hoe blink jou persoonlikheid of hoe groot jou bankrekening is nie. Hy gee nie om of jy as ’n leier in die skool gereken word, of in die gemeenskap of by jou werk nie. Hy soek jou, soos jy is, met jou gebreke. Leef voluit vir HOM - wat ’n voorreg!

Die nuwe gebod

16/8/2017

 
Daar is baie “mekaar”-tekste in die Nuwe Testament. Vir Jesus is gelowiges se onderlinge verhoudings verskriklik belangrik. Luister wat sê hy in Johannes 13:34 en 35:
Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.
Ons verhoudinge is soos ’n vuur wat uit verskeie stompe en takke bestaan. As mens een stomp uit die vuur haal dan gebeur daar ’n paar opmerklike dinge. Die stomp hou op om hitte te bied en word self koud. Die stomp hou ook op om lig te bied en begin te rook.

Gee dus ag op Jesus se nuwe gebod: Ons moet mekaar opreg liefhê.

Rus vir jou gemoed

10/8/2017

 
Picture
Party dae voel dit of dinge net te veel raak. Die hooi op jou vurk is te veel of dalk het jy slegte nuus gekry. Indien jy vandag so voel, luister na Jesus se woorde aan jou in Matteus 11:28-30:
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.
Neem hierdie woorde ernstig op, want by die Here sal jy die genade, krag en rus vind wat jy nodig het. Hy is getrou!

Die Wenspan

2/8/2017

 
Picture

​Die Leeus se rugbyspan het die afgelope Saterdag in die halfeindstryd teen die Hurricanes gespeel. Aanvanklik het dit gelyk of hulle gaan verloor, maar toe het hulle uiteindelik gewys wie is baas.


In die lewe is daar baie terugslae wat jou soms kan laat voel jy speel in ’n verloorspan. In hierdie oomblikke is dit belangrik om te begryp wie Jesus is, want elke volger van Hom is deel van die wenspan. Luister bietjie na wat Jesus vir Petrus sê:
“Maar julle,” het Hy gevra, “wie sê julle, is Ek?” Simon het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God ... en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie”  (Matteus 16:15-18).
​Jesus het opgestaan en Hy regeer! Begryp dit en leef in daardie hoop, ook in donker tye.

    Argief

    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015

    RSS Feed

DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
08:50 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie