“In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem” (Handelinge 11:26). Ons Here Christus se Naam, so gebind aan die naam van mense wat in Hom glo ... letterlik: Christus-mense. Wat ’n erenaam!
Van daardie dag af, kort ná Jesus se hemelvaart, het hierdie naam vir die wêreld ’n skelnaam geword en wrede vervolging van Christene het begin. Deur al die eeue heen, tot vandag toe, haat satan hierdie naam en probeer hy om deur geweld (en misleiding) die naam Christen dood te smoor. In ons pragtige land leef ons nog in vrede – in talle lande regoor die wêreld is daar openlike bloedige vervolging van Christene. Bid vir hulle wat vervolg word omdat hulle die kosbare naam van ons Here Christus bely en wees trots op díé erenaam aan jou gegee: Christen ... Christus-mens! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|