Jou dagboek is waarskynlik reeds vooruit beplan. Jy het teikendatums vir 2017 gestel. Daar is heelwat dinge wat moet gebeur. Al hierdie datums en tye is waarskynlik versigtig in oorleg met die betrokkenes bepaal.
Pasop vir ’n te rigiede dagboek, waarsku Jakobus (4:13-16): Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ’n damp wat ’n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” Maar nou is julle te seker van julleself … Deo Volente (DV) – As die Here wil … Ons is heeltemal afhanklik van Hom en daarom kan ons ook nie anders nie as om te sê: “Ons gaan DV dit of dat doen.” Laat elke dagboekinskrywing jou daaraan herinner dat God se wil groter is as jou eie... Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God (1 Korintiërs 10:31). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|