Terwyl jy hierdie boodskap lees, is daar waarskynlik iemand wat op hierdie oomblik gemartel of selfs doodgemaak word omdat hy of sy die Naam van ons Here bely. Elkeen van ons kry elke dag geleenthede om dieselfde te doen, maar tog word ons betrap in ’n wêreld waar die Naam van die Here misbruik word. In sulke tye is dit nodig om die woorde van Skrifberyming 14-1 te onthou: Waak, Christen,staan in die geloof dat niemand jou die kroon ontroof! … Wees wys en dapper, sterk en moedig ... Ons het die voorreg om die Naam van Christus te dra (Handelinge 11:26) … wees ’n Christen wat die Naam van ons Here in alles grootmaak (Jesaja 6:1-8).
Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|