Dawid leef vanuit die belydenis dat dit God self is wat alles in sy lewe vir hom ‘voleindig’ (Psalm 57:3, Ou Afrikaanse Vertaling). Hy glo dus vas dat God hom alles ten goede sal laat meewerk, selfs al verstaan hy nie altyd die weë van ons Here nie (Romeine 8:28). Dít is waaraan ons ook elke dag moet vashou.
As ons nou so aan die einde van die jaar terugkyk op 2015, kan ons ook nie anders nie as om saam met ’n Dawid van ouds te moet erken dat daar geleenthede was warop ons moes uitroep: “Wees my genadig, o God! Wees my genadig” (Psalm 57:2), maar dat daar ook tye was dat ons uitgejubel het: Ek voel weer veilig, o God! Ek voel weer veilig! Ek wil ’n lied sing, ja, ek wil sing (Psalm 57:8). Nooit was jy alleen nie, selfs al het dit dalk by tye so gevoel. Die jaar 2016 lê voor ons. Hou vas aan die belofte dat jou Voleinder met jou ’n pad gaan stap waarin jy met sekerheid kan weet dat alles jou ten goede gaan meewerk, selfs al mag dit ’n pad wees wat jy nie verstaan nie. Vertrou Hom! Mag hierdie Kerstyd vir jou werklik ’n Christus-fees wees ... Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|