Fanie van der Schyff - Ek en my huis ...
" ... ek en my huis, ons sal die Here dien" ...'n kort maar kragtige belydenis wat elkeen van ons raak! https://youtu.be/ZB4vR_fY8cc
0 Comments
Jacques Tredoux - Gewortel in die God van ons familie
Ons skop af met ons eerste gesinsdiens vir die jaar. Hierdie jaar gaan ons saam groei aan die stamboom van ons geloofsfamilie… Natuurlik kan ons nie ‘n stamboom groei as ons nie op die regte plek begin nie - ons wortels! Vir ‘n geloofsfamilie om te kan groei, moet ons in God gewortel wees! https://youtu.be/AsLpoxjS7rs
Fanie van der Schyff - Noodsaaklike begeertes
Dit bly ons Goddelike opdrag en roeping om in hierdie wêreld oral en altyd lig, sout en suurdeeg in diens van ons Here te wees. Hoe kan jy dit regkry om in 2023 onder alle omstandighede Christelike hoop, blydskap, liefde en vrede uit te leef? Maak dit deel van noodsaklike begeerstes. https://youtu.be/70_fvsVnfkQ
Theunis Potgieter - 'n Lewe in diens van God!
Die profeet Sagaria praat van die “Dag van die Here”. Dit kan verwys na die koms van Jesus Christus, maar dit gaan oor meer; dit gaan eindelik om die wederkoms van Christus as alles aan die Here gewy sal wees. Selfs op die klokkies aan die perde sal geskryf staan: “Gewy aan die Here.” Vir hierdie totale toewyding aan die Here, kan ons vandag al deur die verlossingswerk van Christus en die vernuwingswerk van die Gees, begin om ons hele lewe aan die Here te wy totdat ons dit met sy wederkoms in volmaaktheid sal doen. https://youtu.be/xlguROMoCVM
Jacques Tredoux - Hoekom is ons so benoud? God is in beheer...
In ‘n onlangse rubriek in die koerant vra Stephan Joubert ‘n baie belangrike vraag: Wat as 2023 slegter is? Wat as die nuwe jaar nie so voorspoedig is soos ons mekaar toewens nie? Hier in Eksodus sien ons hoe die volk van die Here ook voor ‘n situasie te staan kom waar die toekoms donkerder as die verlede lyk... In sulke tye het ons opnuut nodig om te hoor waar ons hoop vandaan kom! https://youtu.be/1kgkizIrVL0 |
Argief
February 2024
KATEGORIE |