Jacques Tredoux - Lig en donker
Jesus is die lig vir die wêreld. Ons weet dit, omdat Hy bereid was om sy lewe te gee om die donker van hierdie wêreld te oorwin... Die vraag vir my en jou is nou – is ons liewer vir die lig, of liewer vir die duisternis? https://www.youtube.com/watch?v=wGeIY0e_LYk
0 Comments
Jacques Tredoux - Die goeie Herder!
Jesus leer ons dat Hy die goeie Herder is. Hy is die een wat sy skape oppas, leer, beskerm en lei. Ons leef egter in ‘n wêreld waar daar baie “huurlinge” is, wat nie ware en goeie skaapwagters is nie. Ons almal, maar veral ons eerstejaars wat met hulle universiteitslewe begin, is dit belangrik om te kan onderskei tussen die goeie Herder en huurlinge... https://www.youtube.com/watch?v=MwNuCybynrU
Fanie van der Schyff - EK IS ... die ingang.
Ons Here Jesus verklaar van Homself: EK IS die ingang of deur. Hierdie 'Ek is' uitspraak bied vir ons vandag 'n geweldige troos, maar roep ons ook op tot verantwoording. https://www.youtube.com/watch?v=v3qnN8ckcnQ
Jacques Tredoux - Die enigste Pad!
Ons staan vir ‘n paar weke stil by die bekende “Ek is” uitsprake van Jesus in die Johannes evangelie. So aan die begin van die akademiese jaar, is dit natuurlik altyd goed om te vra: Waarheen is ek oppad? Jesus se antwoord op hierdie vraag is ontstellend, vervullend en verrassend – alles op dieselfde tyd... https://www.youtube.com/watch?v=2khaBifqbA0
Ammi Pelser - Verbly jou in die evangelie
Die evangelie moet ons bly maak, en ons moet dit deur die Heilige Gees uitjubel in hierdie wêreld. En hierdie selfde blydskap wat Christus ervaar moet ons ook elke dag ervaar. Want die geloof wat ons deur God se openbaring ontvang het, het ons nie ontvang van ons ouers af nie maar van Christus wat dit aan ons deur sy genadige bekend gemaak het. Daarom kan ons die evangelie nederig verkondig met blydskap, want dit is God se bedoeling. https://www.youtube.com/watch?v=HQRDoTEq1-E
Fanie van der Schyff - Sy kerk ... my kerk?
Ons jaartema lui: "Sy kerk: Jesus Christus is gister, en vandag en more dieselfde ..." Tog is die werklikheid dat ons so maklik van 'ons' of 'my' kerk praat. Skep ons spanning as ons so praat, of hoe moet dit reg verstaan? https://www.youtube.com/watch?v=QDupgHcDniY |
Argief
April 2025
KATEGORIE |