Jacques Tredoux - Waarmee is jy besig?
Ek hoef niemand te oortuig dat ons lewe besig is nie. Ons word genoeg daaraan herinner wanneer jy vir iemand vra hoe dit gaan. Die antwoord is gewoonlik iets soos: “Goed dankie, net baie besig.” Die vraag wat ons egter meer gereeld moet vra is: Waarmee is jy besig? In hierdie gedeelte leer ons dat ons met dinge kan besig wees wat waardeloos is en niks beteken nie, of ons kan besig wees met dié een Persoon wat alles in waarde oortref! Watter een is dit vir jou? https://www.youtube.com/watch?v=7TbtE6Mte6w
0 Comments
Fanie van der Schyff - Die kosbaarste Naam!
" Ek is die Here, dit is My Naam" (Jes 42:8). Hierdie Naam is die kosbaarste van alle name. Deur geloof het ons Here Homself aan ons verbind en Sy Naam ook deel gemaak van ons lewens. "In Antiogië is gelowiges die eerste keer Christene genoem" (Hd 11:26). Wat beteken die naam 'Christen' vir jou vandag? https://www.youtube.com/watch?v=tsW30a9uJMA
Tobie Meyer - Die beste ding wat ons vir Pretoria kan doen (Aanddiens)
Verlede week het ons gesien wat die kerk is, en wat sy taak en boodskap is. Vandag sien ons wat die rol van nuwe kerke is in die uitvoering van hierdie taak, en hoe die Here bestaande kerke (soos ons) moontlik kan gebruik. Die verassing is dat nog kerke, selfs in ‘n stad soos Pretoria, goed is, en goed is selfs vir die bestaande kerke! https://www.youtube.com/watch?v=EnwLf-7k_3Y
Tobie Meyer - Die beste ding wat ons vir Pretoria kan doen (Oggenddiens)
Verlede week het ons gesien wat die kerk is, en wat sy taak en boodskap is. Vandag sien ons wat die rol van nuwe kerke is in die uitvoering van hierdie taak, en hoe die Here bestaande kerke (soos ons) moontlik kan gebruik. Die verassing is dat nog kerke, selfs in ‘n stad soos Pretoria, goed is, en goed is selfs vir die bestaande kerke! https://www.youtube.com/watch?v=D5z8f6UVWnI
Ammie Pelzer - Johannes se boodskap– die koms van die ware Lig en Lewe na hierdie wêreld.
1. Jesus gee lig vir ons donker sondige wêreld; 2. Hy bring lewe in ‘n wêreld wat dood was in sonde; 3. Ons moet die boodskap verder dra en sy lig laat uitstraal. Wees weer met hierdie feestyd waar Jesus op aarde was vervul met verwondering God gee lig – vir die laaste maal. En die lig kan nie uitgedoof word nie. Getuig van die lig deur self lig te wees. Doen dit getrou, totdat die ware Lig weer kom. Dan sal dit nie meer nag wees nie. Dan het ons nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son meer nodig nie, omdat die Here God ons sal verlig…en die Lam is sy lamp. https://www.youtube.com/watch?v=32fSQ47F1yY
Jacques Tredoux - Die hoop na die stad
Verlede week het ons gesien dat Jesus se lewe, dood en opstanding die enigste hoop vir ons stad is. Die vraag is nou, hoe kom hierdie hoop by die stad uit? Vandag sien ons dat God ‘n baie spesifieke plan het om sy hoop na die stad te bring. Die groot wonder is dat ek en jy deel is van hierdie plan! https://www.youtube.com/watch?v=39ClBK9sVD8
Jacques Tredoux - Die hoop vir die stad
In die tweede kwartaal gaan ons kyk na wat die ware hoop vir ons stad is. Meeste mense wil graag ‘n verskil in die wêreld maak. Daar is natuurlik baie maniere om dit te doen, maar die strategie wat die Bybel ons leer, is ‘n strategie wat minder met ons te doen het en meer met Jesus... https://www.youtube.com/watch?v=oywNgmH-Vz4
Fanie van der Schyff - Christus is ons Hoop
In hierdie lewe van ballingskap is Christus ons enigste Hoop op die nuwe lewe. Hy is die 'Brug' tussen Babel en die Nuwe jerusalem. Ons glo in Hom as gekruisigde en opgestane Here. https://www.youtube.com/watch?v=XH4Q2ETqRpk
Jacques Tredoux - Die betekenis van Jesus se opstanding
Vanoggend het ons gesien dat die opstanding van Jesus die hele wêreld verander het en nogsteeds doen. Vanaand sien ons dat Jesus se opstanding ook vir my en jou persoonlik ‘n wonderlike betekenis het. Dit is die waarborg wat maak dat ons met hoop en verwagting kan leef! https://youtu.be/gwtz55puhik |
Argief
December 2024
KATEGORIE |