Fanie van der Schyff - Bome van Redding
Israel van ouds, na hulle terugkeer uit Ballingskap, is as volk genoem 'Bome van Redding'. Baie jare later verwys ons Here Jesus indirek na Homself as 'DIE Boom van Redding'. Ons as Christene is groep om in die stukkend van vandag 'Bome van Redding' te wees. Wees dit!! https://www.youtube.com/watch?v=ndiczDZDfj8
0 Comments
Fanie van der Schyff - Daarom
Ons Here se genade is onbegryplik groot ... Hy is die Een wat gee, ons begenadigdes wat ontvang! Om hierdie rede [DAAROM] kan ons nie anders as om Hom bo alles lief te hê en te dien nie ... https://www.youtube.com/watch?v=c_wd38pzMGk
Ammi Pelser - Die boodskap van die leë graf
Johannes het in een oogwink gesien en geglo. Die liggaam was dus nie gesteel nie. Hy het ook nie maar net weer lewendig geword soos hy vroeër was nie. Die liggaam van Jesus was nou meteens 'n verheerlikte liggaam, wat nie meer deur lappe of mure of ruimte of afstand beperk of vasgevang kon word nie. Want ons lees verder in Johannes se evangelie (20:19) dat die dissipels bymekaar was en die deure gesluit was, toe Jesus sommer daar tussen hulle staan. Jesus leef! https://www.youtube.com/watch?v=ILzR5y2gaCc
Jacques Tredoux - Die dag versoening!
Die dag van versoening (Yom Kippur) was een dag in ‘n jaar waarop al die nodige offers gebring is om vir die volk se sondes te betaal... Een dag, elke jaar, totdat die GROOT offer gebring is! Ons kyk vanoggend na nog ‘n Ou Testamentiese fees wat ons verstaan van Paasfees verdiep en verryk. https://www.youtube.com/watch?v=qgps8fSDkGw
Jacques Tredoux - Paasfees: Wanneer? Wie? Hoe? Hoekom?
Paasfees is veronderstel om die belangrikste datum op Christene se kalender te wees. Dit is wanneer ons die kern van ons geloof herdenk – Die dood en opstanding van Jesus! Vandag kyk ons na die Ou Testamentiese wortels van hierdie fees en wat dit vandag vir ons beteken. https://www.youtube.com/watch?v=kDPsnzeYBRQ
Daniël Maritz - Paassangdiens
Paassangdiens https://www.youtube.com/watch?v=vKp9DnOGbuY
Jacques Tredoux - Dankbaarheid
Dankbaarheid! Dit is een van die belangrikste dinge vir ons as gelowiges. Tog is dit nie altyd so maklik nie, veral as ons omstandighede moeilik is. Vandag sien ons hoe die Bybel ons leer om ALTYD in ALLE omstandighede dankbaar te wees. https://www.youtube.com/watch?v=w_ExPnPMpgg
Jacques Tredoux - My planne, God se pad...
“’n Mens beplan sy pad, maar die here bepaal hoe hy loop.” Vir sommige mense is hierdie woorde baie soet – God is in beheer! Vir ander is dit frustrerend – Beteken dit dat my harde werk en planne nie saak maak nie? As ons egter die balans wat Spreuke ons hier leer goed begryp, is hierdie woorde baie bevrydend! https://www.youtube.com/watch?v=icqWhX_BoMg
Fanie van der Schyff - Die Amen
Jesus Christus is God se 'Amen'. Ons, Sy kinders, roep met uiterste dankbaarheid uit 'Amen'! https://www.youtube.com/watch?v=4jy83bBZ79w |
Argief
April 2025
KATEGORIE |