Ammi Pelser - Geloof = Gehoorsaamheid.
Geloof is om gehoorsaam te wees aan God se Woord. Geloof is om aan God se beloftes vas te hou – hy sal ‘n erfdeel ontvang! Geloof is om weg te trek sonder om te weet waarheen. Gáán as die Here jou roep tot ’n lewe saam met Hom! Gáán, selfs al weet jy nie presies waar dit jou hier op aarde gaan uitbring nie! Gáán, omdat jy die Here kan vertrou met die bestemming! Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. https://www.youtube.com/watch?v=2gxynRGW2vM
0 Comments
Fanie van der Schyff - Ons Heiland
Veral rondom Kersfees hoor ons die lied "Die Heiland is gebore ...". Tog vind ons hierdie Hebreeuse woordjie wat met 'Heiland' vertaal word, slegs op enkele plekke in die Ou Testament en nêrens in die Nuwe Testament nie. Wat beteken hierdie naam en wat beteken dit vir jou vandag? https://www.youtube.com/watch?v=SSu5tCnJ_mU
Wikus van der Vyver - Die heerlike gevolg van ons geloof in Christus – vrede met God!
Die heerlike gevolg van ons geloof in Christus – vrede met God! https://www.youtube.com/watch?v=BQbkSeTVt10
Theunis Potgieter - Losgekoop deur Jesus se bloed om met God versoen te wees
As die dood ons in die oë staar, word 'n nuwe lewensweg vir ons gewys. "Maar nou..." Dis die weg om in Christus te glo. https://www.youtube.com/watch?v=gL-f3uEEB9I
Fanie van der Schyff - Ons Here Jesus se lewe op aarde - Klankoordenking 13-18
Die genesingswonder by die bad van Betesda https://www.youtube.com/watch?v=cO-WMPSGit0
Ammi Pelser - Blydskap in moeilike omstandighede
God se vrede hou wag oor ons harte en gedagtes. Dit is vrede in Christus Jesus. Christus as ware Vredevors het die vrede bewerk toe Hy aan die kruis vir ons gesterf het. Hierdie vrede is ware vrede. Dit is harmonie. Vrede met God. Vrede met die mens. Vrede met jouself. En vrede met die skepping. Net soos wat God dit aan die begin met sy skepping bedoel het. En al kan ons nog nie die volle vrede beleef nie, kan ons daarna uitsien en daarna verlang, want die Here is naby. Ons kan egter nou-al iets van die vrede waar maak in ons optrede. Deur altyd bly te wees in die Here. Deur inskiklik te wees teenoor alle mense. En deur te bid. Ja, selfs in moeilike omstandighede is dit moontlik. https://www.youtube.com/watch?v=8jIj6o73diQ
Fanie van der Schyff - Ons Here seën jou
Ons Here seën jou en jou kinders ... wat 'n onbeskryflike grootsheid! https://www.youtube.com/watch?v=r9UkuGEjmwo
Fanie van der Schyff - Ons Here Jesus se lewe op aarde - Klankoordenking 13-17
Ons Here Jesus se eerste wonder https://www.youtube.com/watch?v=0snhrS2iYdI
Fanie van der Schyff - Ons Here Jesus se lewe op aarde - Klankoordenking 13-16
Ons Here Jesus se dissipels https://www.youtube.com/watch?v=r8rGGcCh-rI
Pieter Heystek - Jy is voltyds in die bediening.
Ons dink soms dat net dominees en pastore en sendelinge en evangeliste voltyds in die bediening van Jesus Christus staan. hier is egter vir jou nuus...elkeen van ons staan voltyds in die bediening. Elke Christen, Groot en klein oud en jonk, kerkraad en lidmate. Ons is in die bediening. Ons is voltyds in die bediening, of ons nou of werk of skoolgaan of skool gee, of swot of ’n ingenieur is, of selfs ’n rekenmeester is, maak nie saak wat jy doen nie, As ʼn Christen is jy in die bediening, want ons is dienaars van ons Here Jesus Christus https://www.youtube.com/watch?v=_tVWv1sTqcs |
Argief
October 2024
KATEGORIE |