Dirk Kotzee - God beweeg sy kinders uit hulle gemaksones
Gemak is sekerlik ’n ding waarna baie van ons streef. Om gemaklik in jou finansies te wees, sodat jy nie hoef te bekommer of jy hierdie maand gaan "úit kom nie". Gemaklik, sodat jy jou gesin met ’n vakansie langs die see kan bederf. Gemaklik in die sin, dat jy nie hoef te bekommer oor die kos, of oor jou kinders as jy jouself bederf met ’n ietsie lekker hierdie maand nie. Gemaklik in jou aftrede, gemaklik in jou alleenloper status. Dit is sekerlik nie ’n slegte ding om na te streef nie. Aan die anderkant is ongemak dikwels ’n geldige rooilig wat jou waarsku. Maar ongemak, lees ons, is nie noodwendig altyd ’n slegte ding nie. En gemak is nie altyd ‘n goeie ding nie. Want dit is in hierdie situasies van ongemak waar die Here dikwels verandering te weeg bring. Verandering in gedrag, verandering in verhoudings, verandering in denke. En dit is waar groei plaasvind! In jou gemakstoel groei mens net in die breedte. As mens uit die gemakstoel opstaan, dan beweeg die bloed en vervoer suurstof na jou brein, na jou hart, na jou hande en jou voete. Wanneer die Here ongemak bewerk in ons lewens, is dit juis om ons harte, gedagtes en dade te verryk en te verander en te vernuwe! https://youtu.be/LHhP3k0cEKM
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
October 2024
KATEGORIE |