Ds. Johannes Bingle - Weggooikind word koningsbruid!
As die Here verbykom... Die Verbondsgod het sy volk tegemoetgekom toe sy as baba gespartel het in haar doodsbloed. Hy het haar laat opgroei en sy het pragtig geword met 'n volmaakte skoonheid. In Esegiël se tyd herinner Hy sy volk tydens die Babiloniese Ballingskap aan haar verlede. Hoofstuk 16 is soos 'n foto-album wat die profeet oopmaak en omblaai waarin die Here se trou geëts is. Tog bevat dit ook skandelike tonele waarin die volk se ontrou "nakend" weerspieël word. Die Here het in die Pasga die doodsengel by sy volk in Egipte laat verbygaan. Ten spyte van hulle ontrou deur die jare het Hy hulle telkens herinner aan hulle uitleiding - ook juis nou in hulle ballingskap. Met die Pasga toe Jesus gekruisig is, het Hy die eerste Nagmaal ingestel. Ten spyte van haar ontrou mag die koninklike Bruidsker die Nagmaal steeds vier, en wag op die Koningsbruidegom om te kom sodat die Bruilofsmaal van die Lam gevier kan word. Dit is vandag opnuut die evangelie "ten spyte van, ter wille van" wat ons krag gee vir elke dag! https://youtu.be/pYnqEsCMNuE
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
February 2023
KATEGORIE |