Fanus Heystek - Wie kan dan gered word?
Die ryk jongman se verskyning wek 'n gevoel van jammerte vir hom. Die bestuur van baie besittings (en dus werknemers) eis veel van die ryke - om nie te praat oor al die konflikte, versoekings en sondes wat sy pad kruis nie. Sy soeke na die ewige lewe lyk opreg, maar daar staan 'n reuse hindernis voor hom, naamlik rykdom of mammon (aardse belange en verleidinge). 'n Paar vragies? 1) Toets Jesus net sy gesindheid of roep Jesus hom om letterlik alles te verkoop en weg te gee? 2) As dit onmoontlik is vir rykes om die hemelpoorte te bereik, hoe gaan jy daar kom? 3) Wie is die aardse rykes wat onder die vloek staan - is jy uitgesluit? 4) Aan die slot van die preek draai ons die dissipels se hewige ontstelde uitroep om: Wie kan nou NIE gered word NIE. Hoe kom ons daarby uit? https://youtu.be/ZysdPe3YbrY
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
December 2020
KATEGORIE |