Ammi Pelser - Die gebed as spieël van ons hart
Die gebed is die spieël van die hart. Hoe ons bid en wat ons bid gaan oor die gesindheid van hoe ons tot God nader. God weet wat in ons harte aan gaan as ons bid. Hoe klink dan nou die gebed van die regverdige? ‘n Regverdige wie se hart en lewe gereinig is? Dit is ‘n dankgebed – ‘n loflied tot God se eer. https://youtu.be/ySZ7S4EsFnc
0 Comments
Daniël Maritz - Die doop van 'n kind wys ons na ons Woning toe
Ons het vanoggend nog 'n doop-geleentheid en ons gaan stilstaan by Psalm 84. Hierdie psalm herinner ons dat die Here self ons lieflike woning is. As ons dink aan die doop dan is dit juis ook 'n inlywing van 'n kindjie in die woning van die Here in. Dit is 'n teken van God se verbond waar Hy die inisiatief neem en 'n verbond sluit met die kindjie. https://youtu.be/Rwn5_SVSP_g
Ammi Pelser - Die Wonderlike groeikrag van God se koninkryk
Die klein mosterdsaadjie het die potensiaal om om 'n groot boom te word, net so kan ons geloof wat so klein is soos 'n mosterdsaadjie ontaard in iets so groot, dat dit 'n doel in God se koninkryk het. Dit het geweldige groeikrag. https://youtu.be/SOKgHUcqN6s
Jacques Tredoux - Die misterie van dood en lewe deur die doop
Vandag het ons die voorreg om drie kindertjies te doop. Ons lewe in ‘n tyd waar daar groot verskille oor die doop is. Dit maak dat ons soms so vasgevang raak in klomp debatte oor die doop, dat ons die wonder van die doop miskyk of vergeet. Hier in Romeine sien ons dat ons deur die doop deel kry aan Jesus se dood en opstanding! Hoewel dit ‘n groot misterie bly, gee dit ook vir ons ‘n hele nuwe perspektief op ons lewe... https://youtu.be/9uP9ofCnlo4
Janré van Jaarsveld - Glimlag in die storm!
Was jy al ooit in n storm? Was jy al ooit in n situasie wat vir jou te erg was om te hanteer? Dit voel dan amper of n storm oor mens losbars! Die Boodskap van Markus 4 : 35 - 41 is nie net dat Jesus die storm stilmaak en die storms van jou lewe ook kan stilmaak nie. Ons sien ook Jesus het ’n storm veroorsaak! Hy het die storm op die see stilgemaak maar, Hy het in die dissipels se harte en gedagtes ’n geestelike storm laat opsteek! Die Here lei ons soms in storms in dat ek en jy kan sien Hoe groot en Almagtig Hy is. Vanaand gaan ons dit saam in Markus 4 verken. https://youtu.be/VaSlK4FYQTs
Jacques Tredoux - Offers wat jou iets kos
“Ek bring nie aan die Here my God offerandes wat my niks kos nie.” Hierdie woorde van koning Dawid is iets wat almal van ons waarskynlik hard tref! Is ons “offers” aan die Here werklik dinge wat ons iets kos, of gee ons net wanneer dit gemaklik en gerieflik is? Dit kan mens maklik laat skuldig voel! Tog sien ons ook in hierdie verhaal hoe Dawid by hierdie merkwaardige stelling uitgekom het, en dít verander alles... https://youtu.be/4oRSHL-qScQ
Jacques Tredoux - Raak rustig, die Here is goed!
Was jy al in ‘n situasie waar jy doodbenoud en bekommerd was? ‘n Situasie waar jy net eenvoudig nie kan sien hoe jy aan die ander kant gaan uitkom nie. Dalk is jy nou in so ‘n situasie... Die psalmdigter van Psalm 116 kyk terug op so ‘n situasie en is oorweldig deur vreugde omdat die Here hom daardeur gehelp het. Vanaand sien ons hoe hierdie Psalm, sowel as die Nagmaal ons almal deur sulke tye kan dra om uiteindelik die Here te kan loof! https://youtu.be/paF5tEFvxes
Fanie van der Schyff - Vier woorde tydens ballingskap!
Koning Belsasar spot met die 'God van die hemel'. Ons Here skryf vir hierdie koning 'n boodskap teen sy onthaal- muur ... vier woorde. Daniël lê dit vir die koning uit ... dit was verdoemende woorde! Ons Here Jesus se vierde kruiswoord het ook uit vier woorde bestaan ... vir ewig sal dit Blye Boodskap bly! Nagmaal herinner ons opnuut aan hierdie kosbare vier woorde van ons Here Jesus. https://youtu.be/WHgclQxDuZc
Jacques Tredoux - God se stad, die wêreld se stad en Pretoria
Ons het gekyk na die storie van God se stad (Jerusalem) sowel as die storie van “die wêreld” se stad (Babel). Die vraag is nou – waar pas ons hier in Pretoria in die prentjie? Leef ons in Jerusalem of Babel en wat help dit ons as ons weet? https://youtu.be/T8oqhrhbf44
Fanie van der Schyff - Ek daag jou uit!
Ballingskap vererger vir die volk van ons Here. Daniël se drie vriende word voor 'n keuse gedaag: of hulle moet die beeld, wat Nebukadneser laat bou het, aanbid, of hulle word verbrand as hulle dit nie doen nie. hulle weier om die beeld te aanbid en word inderdaad in die vuuroond gegooi ... Waar staan ek en jy in ons geloofsgehoorsaamheid? https://youtu.be/v8fLQPr4NZY |
Argief
February 2024
KATEGORIE |