Brooklyn-Gemeente

  • Tuis
  • Ek's Nuut
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Dien Saam
    • BDK
    • Nuwe Mense
    • Medewerkers
    • Agapé
    • Projekte
    • Musiekbediening
    • Werksoekers
    • Juventus
    • eBediening
    • Diensbaar
    • Kommunikasie
    • Siekes
    • Verjaarsdae
    • Voorbidding
    • Begrafnisse
    • Kerkraad & Diakens
    • Uitreike >
      • El Shaddai Swazi
  • Groei saam
    • Huisgeloof
    • Hulpmiddels
    • DissipelskapKafee
    • Tema en preekopsommings
    • Toerusting vir groepe en gesinne
    • Midweekboodskap
    • Ratio Christi
    • Kampe >
      • Eerstejaarskamp 2019
      • Mootkamp
    • Wie is wie in die Bybel
    • Konferensie Kerkgroei in Praktyk (2015-06-20)
    • Reformissio
    • Gebed
    • FTF
  • Inligting
    • Attestate
    • Dra by
    • Kerkkalender
    • Hart & Hand
    • Brooklyn Brokkies
    • Strategiese Beplanning
    • Kommunikasiebeleid
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Afkondigings
  • Tuis
  • Ek's Nuut
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Dien Saam
    • BDK
    • Nuwe Mense
    • Medewerkers
    • Agapé
    • Projekte
    • Musiekbediening
    • Werksoekers
    • Juventus
    • eBediening
    • Diensbaar
    • Kommunikasie
    • Siekes
    • Verjaarsdae
    • Voorbidding
    • Begrafnisse
    • Kerkraad & Diakens
    • Uitreike >
      • El Shaddai Swazi
  • Groei saam
    • Huisgeloof
    • Hulpmiddels
    • DissipelskapKafee
    • Tema en preekopsommings
    • Toerusting vir groepe en gesinne
    • Midweekboodskap
    • Ratio Christi
    • Kampe >
      • Eerstejaarskamp 2019
      • Mootkamp
    • Wie is wie in die Bybel
    • Konferensie Kerkgroei in Praktyk (2015-06-20)
    • Reformissio
    • Gebed
    • FTF
  • Inligting
    • Attestate
    • Dra by
    • Kerkkalender
    • Hart & Hand
    • Brooklyn Brokkies
    • Strategiese Beplanning
    • Kommunikasiebeleid
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Afkondigings

Tema en PreekOpsommings

God maak Homself bekend deur die kerk

26/3/2015

 

Oggend
Efesiërs 5:18-32
Heidelbergse Kategismus: Sondag 21

Ons Here is nie ’n veraf God nie – Hy maak Homself op so ’n manier aan ons bekend dat ons Hom as lewende God ook in ons lewe kan sien en bely. Hy maak Homself in die grootsheid van die skepping aan ons bekend, in die waarheid van die Woord, intiem in Jesus se verhouding met ons, versterkend in die tekens van brood en wyn met nagmaal en ook koesterend in sy verhouding met ons, sy bruidskerk. Sonder dat ons dit in die minste verdien, het Christus ons uitverkies om Syne te wees, Hy het ons verlos uit die mag van Satan, Hy versorg en beskerm sy kerk nou en met die oog op die ewige lewe, Hy vermeerder sy kerk en gebruik haar (ons elkeen afsonderlik en almal as eenheid saam) om in hierdie lewe ligdraers vir Hom te wees. Besef hoe groot die voorreg is om deel te wees van ons Here se kerk, dank Hom daarvoor en bid vir die kerk  - ook veral vir die vervolgde kerk. Christus het jou kerk gemaak – wees dit in woord en daad, oral, altyd.

Aand 
1 Korintiërs 3:16-17
God se adres

God het deur die jare al in verskillende adresse gewoon. Elke woonplek leer ons belangrike lesse waarmee God besig was, is en nog gaan wees.

  • Die eerste adres (Genesis 1-3)
God het saam met die mens in die tuin geleef en alles was perfek, maar die mens het drooggemaak en is toe van God vervreem.

  • Die tweede adres (Eksodus 25:8-9; Eksodus 40:34-35)
Die goeie nuus is dat God nie sy mense alleen los om vernietig te word nie, want Hy soek sy kinders  op. Die Here besluit om weer by hulle in te trek. Nou was God se blyplek in die tabernakel en het Hy saam met sy volk getrek.

  • Die derde adres (2 Konings 8:10)
Hierna trek die Here in ’n meer permanente gebou in. Die tempel word gesien as die kern van Israel se geloofslewe en is die heiligste plek op aarde.

  • Die vierde adres (Jesus)
Toe besluit God om in die vorm van ’n mens na ons uit te reik. Hy stuur sy Seun na ons en in Johannes 2:17-22 lees ons hoe Jesus die ware tempel van God is en wanneer Hy aan die kruis sterf, skeur die voorhangsel van die allerheiligste. Die prys van versoening is betaal, want die finale offer is gebring (kyk Hebreërs 10).

  • Die vyfde adres (Die kerk)
Hierna lees ons hoe Jesus fisiek uit die dood opstaan, terugkeer na die Vader en sy Gees uitstort oor sy kinders. Jesus het nie weggetrek nie; inteendeel, God se volgende adres is die kerk. Die Heilige Gees plant ons in Jesus en maak ons die tempel van God waarin sy teenwoordigheid woon (Efesiërs 2:20; 1 Petrus 2:4-5). Dit wat die tempel vir Israel was, is ons nou vir die wêreld, want God maak Homself aan die wêreld bekend deur die kerk. Die doel van die tempel was nog altyd om God en mens te versoen. Dit beteken ons (die kerk) moet God se genade en versoening aan mense om ons bedien (2 Korintiërs 5:17-19).

  • Die finale adres (Die nuwe Jerusalem)
Uiteindelik gaan die Here finaal kom intrek op die nuwe aarde. God bring die hemel aarde toe, want Hy gaan ewig saam met ons op die nuwe aarde woon (Openbaring 21:1-3) en dit vul ons met wonderlike hoop.

    Archives

    January 2016
    August 2015
    July 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015

    Categories

    All
    1 Korintiërs
    1 Korintiërs
    Daniël
    Efesiërs
    Efesiërs
    Eksodus
    Filipense
    Galasiërs
    Handelinge
    Heidelbergse Kategismus
    HK Sondag 48
    Johannes
    Lukas
    Markus
    Openbaring
    Psalms
    Romeine

    RSS Feed

Duxburyweg
Residentia - Sunnyside

Eredienstye:

Duxburyweg:
09:30 & 18:30

Troyestraat - Residentia:
​09:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels maak van te Christus.