Het jy geweet jy is ’n geskenk uit God se hand? Die Here wil graag elkeen van ons gebruik om ander te dien en daarom gee Hy aan elkeen wat glo gawes. Jy het nie jou gawes van God gekry vir jou eie bevrediging nie, maar om ander daarmee te dien. As jy nie aktief op soek is hoe om ander met jou gawes te dien nie, gaan ander nie kry wat hulle nodig het vir hul groei en dienswerk nie.
Luister vandag na God wat sê: Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring (1 Korintiërs 12:4-7). Watter geleenthede is daar vir jou om jou gawes as geskenk aan ander te gee? Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|