Ouderling: Schalk van Vuuren
Die Aanbidding Bedieningspan bestaan uit vyf diensgroepe wat almal op een of ander wyse met ons aanbidding te make het. As gemeente van Jesus Christus is een van die kern dinge waarmee ons besig is en hierdie bedieningspan sorg dat alles glad verloop.
Erediens
Die diensgroep het ten doel om die liturgie tydens eredienste in die gemeente te ondersteun sodat eredienste tot eer van God en ‘n besondere geestelike belewenis- en tot opbou van alle lidmate en besoekers is. Dit behels die eenheid van die liturgie (voorlesers, predikers, musikante, kollekte, nagmaal, lofprysing, projektorspan ens.) vir elke erediens, terwyl daar ook gereeld oor die inhoud van eredienste en die ervaring van lidmate en besoekers besin word.
Diensgroepleier: Hermann Pretorius
Erediens Logistiek
Behalwe vir die liturgie en belewenis van die erediens, is daar ook ‘n klomp praktiese logistieke dinge wat gereël moet word. Die kollekte moet opgeneem word, die brood en wyn vir Nagmaal moet gereël word ens. Indien jy wil hand bysit dat die erediens op ‘n Sondag glad verloop, is dit hier waar jy kan betrokke raak.
Diensgroepleier: Wessel Herbst
Gebed
GEBED: INTIMITEIT MET GOD
Kom sluit by ons aan waar ons die Koning soek in gebed en mekaar se laste dra voor die troon van God. Hy is Getrou.
Hierdie diensgroep behartig die gebedsgroepe en deel gebedsversoeke. Vir meer inligting oor Brooklyn se gebedsbediening of om gebedsversoeke te vra, kontak vir Zania Daling. Haar besonderhede is by die kerkkantoor beskikbaar.

Diensgroepleier: Zania Daling
Musiek
Musiek is een van kern maniere hoe ons God aanbod. Die Bybel is vol daarvan hoe gelowiges psalms, gesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. In Brooklyn is ons geseën met uitstekende musiek gawes wat ons op verskeie maniere tot eer van God aanwend.
As jy die gawe het om te kan sing, enige musiek instrument kan speel of saam wil dink oor die musiekbediening van Brooklyn, is hierdie die diensgroep vir jou.
As jy die gawe het om te kan sing, enige musiek instrument kan speel of saam wil dink oor die musiekbediening van Brooklyn, is hierdie die diensgroep vir jou.
Diensgroepleier: Philip Loots
Tegnies
Die tegniesespan doen kosbare werk agter die skerms! Die klank, die skyfies op die skerms en natuurlik die live streaming word alles vanuit die klankkamer deur die tegniese span beheer. Die opstel van die skyfies met die inligting wat ons van die Musiek- en Kommunikasie Diensgroepe ontvang is ook ons taak.
Hier is altyd nog hande nodig, so enige ekstra hulp sal waardeer word.
Ons is ook vir die IT van die kerk verantwoordelik.
Hier is altyd nog hande nodig, so enige ekstra hulp sal waardeer word.
Ons is ook vir die IT van die kerk verantwoordelik.