Ouderling: Hannes Grobler
Die Administrasie Bedieningspan bestaan uit drie Diensgroepe: Eiendomme, Finansies en Projekte. Hierdie bedieningspan hanteer al die administratiewe take van ons gemeente.
Eiendomme
Hierdie diensgroep se verantwoordelikheid is om die eiendomme van GKB in stand te hou, te bestuur en te verbeter. Dit sluit ook die tuine en toilette in. Enige iemand wat wil help met die dag tot dag instandhouding sodat die kerkterrein altyd netjies is, of as jy ‘n bydrae kan lewer oor hoe om die geboue en terreine te verbeter, is jy welkom om deel van hierdie diensgroep te word.
Diensgroepleier: Frikkie Labuschagne
Finansies
Die finansiesdiensgroep is verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die gemeente. Dit sluit meer in as om net die boeke te laat klop. Hulle moet ook sorg dat die finansies verantwoordelik tot eer van ons Here aangewend word.
Verder is dit ook hulle taak om die gemeente goed op hoogte te hou met die finansiële sake, en ook om lidmate toe te rus hoe ‘n christen se vrygewigheid behoort te wees. Sluit gerus aan as jy hiermee wil help.
Verder is dit ook hulle taak om die gemeente goed op hoogte te hou met die finansiële sake, en ook om lidmate toe te rus hoe ‘n christen se vrygewigheid behoort te wees. Sluit gerus aan as jy hiermee wil help.
Diensgroepleier: Philip Coetzer
Projekte
Die projektediesngroep is ‘n ondersteuningsdiensgroep wat help met verskeie fondsinsamelingsprojekte en gemeente funksies. Dit gaan natuurlik oor baie meer as geld insamel: By hierdie funksies word vriende gemaak, geloofsbande gebou en die goeie van die lewe word geniet! Sluit gerus aan by hierdie diensgroep as jy die gawe het om goeie funksies en projekte te organiseer.