Agapé
Die Agapé-diensgroep het ten doel om God se liefde vir ons, deur diensbaarheid aan die liggaam van Christus, uit te leef.
Ons reël byvoorbeeld:
Kom sluit gerus aan by ’n baie aktiewe en dinamiese diensgroep.
Ons reël byvoorbeeld:
- die nagmaaletes;
- die Dissipelskapkafee;
- 'n Pasga-ete;
- die kosbank;
- die verjaarsdagtee-gesellighede;
- ’n kerrie-en-sjerrie-aand;
- ’n lentetee vir ons lidmate bo 70;
- ’n uitreikdag;
- In samewerking met die Beertjiediensgroep word ’n Bybel en ’n beertjie aan dopelinge gegee;
- die verhuring van kombuistoerusting en breekware.
Kom sluit gerus aan by ’n baie aktiewe en dinamiese diensgroep.
Lief en leed
Ons gemeente is verantwoordelik om Gereformeerde lidmate van buite Pretoria te besoek wat in die Little Company of Mary-hospitaal, die Astrid-kliniek, die Pretoria-harthospitaal, die Zuid-Afrikaanse Hospitaal en die Momentumsentrum-kliniek opgeneem word. Ook word probeer om lidmate in ons gemeente wat ’n
gesondheidskrisis ervaar of wat langtermynterapie moet ondergaan, te besoek. As jy die gawe van deernis en vertroosting het, sal jy hier ’n groot bydrae kan lewer.
Jy kan vir Anita Cilliers in hierdie verband kontak. Haar besonderhede is by die kerkkantoor beskikbaar.