Nuwe Lidmate
Annalie Grové
Uitreike
Binne PretoriaMulti-kulturele bediening in Sunnyside - New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside - (Kontak Prof Derrick Mashau)
In ons gebou in Vlokstraat in Sunnyside word daar eredienste asook ander aktiwiteite vir anderstaliges gereël. Die voertaal is Engels en word gelei deur Derrick Mashau. Die nuwe gemeente het al mooi gegroei. Hier is werklik 'n geleentheid om te midde van die diversiteit van Afrika kulture te dien. As dit jou roeping is, meld gerus aan. Hulle het jou hulp dringend nodig. President Kruger Kinderhuise (Pretoria en Reddersburg) (Kontak Wina Cameron) Weens die huidige ontwrigtende sosiale en ekonomiese omstandighede is al hoe meer kinders vir hulle versorging en toekomsverwagting op die kerk aangewese. Dalk wil jy hierby betrokke raak? Koningskinders (Kontak Jacoba Kotze) Kinders wat in moeilike omstandighede grootword, word jaarliks met vakansie geneem. Daar word deur die jaar met hulle, hulle ouers en familie kontak gehou. Klerebank (Kontak Petra de Klerk) en Klereverkoping diensgroep (Kontak Babs Prinsloo) Die Klerebank voorsien klere en ander items waar daar nood binne en buite die gemeente voorkom. Die items wat nie deur die Klerebank gebruik word nie, word op verkopings te Troyestraat verkoop. Items kan by die kerkkantore afgegee word. Beertjie diensgroep (Kontak Hanneke Joubert) Hierdie diensgroep beywer hulle daarvoor om gebreide beertjies te maak en aan instansies en individue te skenk. Daardeur word 'n behoeftige of gestremde kind se hartjie te verbly. Daar word ook deurentyd voorbidding vir hierdie kindertjies gedoen. Kom maak saam beertjies of skenk wol, lint en veral stopsel. "Share and Care" diensgroep (Kontak Hanneke Joubert) Hierdie diensgroep is veral betrokke by kinders in nood by hospitale, behoeftige kleuterskole asook ander instellings vir kinders. Afhangende van die behoeftes, probeer die diensgroep te help waar hulle kan. Hou Hart en Hand dop vir besonderhede. |
Buite PretoriaShongwe uitreik
Daar word uitgereik na vigslyers in Shongwe net noord van Swaziland. Klem word veral op tuisbesoeke gelê. Hannes Pieters (083 233 0987), ‘n evangelis van ons gemeente, werk voltyds in Shongwe. Swaziland uitreik (Kontak Joanne Cunze) Daar is ‘n paar uitreike per jaar na El Shaddai sendingstasie in Swaziland. El Shaddai vorm die tuiste van ongeveer 50 weeskinders.Bouwerk, evangelisasie, speel met die kinders, hulp met die groentetuin en skool vorm deel van die hulp. Hierdie is 'n paar maniere hoe jy betrokke kan raak. Daar is egter baie meer bedieningsgeleenthede wat nog net nie gerealiseer het nie. Wees dus sensitief vir wat die Here oor jou pad bring, watter visie Hy in jou hart plaas en watter gawes Hy jou gee. Dit is dalk die begin van nog 'n diensgroep of bedieningsgeleentheid!! Kontak in hierdie verband. |